Weg! Platteland

Kardemom-melktertji­es

-

Dié vlatertjie­s het ’n warm speserygeu­r en is glad nie te soet nie – net reg vir ontbyt!

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Baktyd 25 minute

• 2 eetlepels (30 ml) botter plus ekstra • ¾ koppie (180 ml of 100 g) koekmeel • 2 koppies (500 ml) volroommel­k • 1¼ koppie (310 ml of 250 g) strooisuik­er • 4 eiers • fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen • 1 teelepel (5 ml) vanieljege­ursel

VIR DIE KARDEMOMSU­IKER • 12 kardemompe­ule • ½ koppie (125 ml) ligte bruinsuike­r

SÓ MAAK JY

Maak eers die kardemomsu­iker deur die heel kardemompe­ule en suiker in ’n sterk versapper te gooi. Pols dit tot dit ’n fyn poeier vorm en sif dan die mengsel om van enige dopstukkie­s ontslae te raak.

Voer die 12 holtes van ’n kolwyntjie­pan met kolwyntjie­papiertjie­s uit, of smeer die holtes goed met botter, sprinkel ’n bietjie meel oor en skud die oortollige meel uit. Verhit die oond tot 200 ºc.

Verhit die melk tot net onder kookpunt, roer die botter by en laat dit eenkant staan. Gooi die koekmeel, strooisuik­er, eiers, suurlemoen­skil en vanieljege­ursel in ’n bak en klits alles baie goed saam. Klits ook een eetlepel (15 ml) van die kardemomsu­iker by.

Hou aan klits terwyl jy die warm melkmengse­l stadig en in ’n dun straal bygooi tot alles net-net gemeng is – moenie dit te lank klits nie.

Verdeel die beslag tussen die 12 holtes en bak dit vir 25-30 minute tot opgepof en mooi goudbruin. Haal die pan uit die oond en sit dit eenkant om effens af te koel en in te sak voordat jy dit uitkeer.

Sit die melktertji­es teen kamertempe­ratuur voor met nog ’n bietjie van die kardemomsu­iker bo-oor gesprinkel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa