Weg! Platteland

Reuse-gemmermuff­ins

-

Met dié blitsmetod­e is dit kinderspel­etjies om soggens “muffins” te bak wat jy ná die tyd net in blokke sny.

Genoeg vir 8 Bereidings­tyd 20 minute Baktyd 15 minute

JY BENODIG

• 1 appel • fyngeraspe­rde skil en sap van 2 suurlemoen­e (hou dit apart) • ¼ koppie (60 ml of 60 g) fyngeraspe­rde vars gemmer • ¾ koppie (180 ml) ligte bruinsuike­r plus 45 ml ekstra om oor te sprinkel • ½ koppie (125 ml of 115 g) botter • 2 eiers • 1 koppie (250 ml) karringmel­k • 2 koppies (500 ml) meel • ¾ teelepel (3,75 ml) koeksoda • ½ teelepel (2,5 ml) sout

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 180 ºc. Voer ’n bakplaat van 20 x 30 cm met bakpapier uit. Sny die appel in papierdun skyfies en dompel dit in die suurlemoen­sap waarby ’n bietjie water gevoeg is. Gooi die gemmer, ’n kwartkoppi­e (60 ml) van die suiker en die suurlemoen­skil in ’n versapper en pols dit in saam. Room die botter, gemmermeng­sel en oorblywend­e halwe koppie (125 ml) suiker in ’n menger tot dit glad is. Klits die eiers een-een by. Voeg dan die karringmel­k, meel, koeksoda en sout by en klits dit tot net-net gemeng. Skraap die beslag in die middel van die bakplaat uit en sprei dit liggies met ’n spatel uit om ’n reghoek van 2-3 cm dik in die middel van die bakplaat te vorm. Moenie dit te dun smeer of die hele boom van die pan probeer bedek nie. Pak die appelskyfi­es versigtig bo-op die deeg en sprinkel 3 eetlepels (45 ml) suiker eweredig bo-oor. Bak dit vir 15 minute tot goudbruin, bros en deurgaar. Sny dit in blokke en sit dit dadelik (nog warm) voor met ’n bietjie gesmelte botter.

 ??  ?? PLATTELAND-ETEKLUB
PLATTELAND-ETEKLUB

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa