Weg! Platteland

Kom laat ons ruil!

-

Kan ’n mens jou in die 21ste eeu ’n lewe voorstel sonder harde kontant? Hierdie era waarin wins die wagwoord geword het? Kyk maar: Almal hardloop soos hamsters in ’n wieletjie, en oral om ons sit M.B.A.kokkedore dag in en dag uit in glaskaste na Excelblokk­iesblaaie en staar sodat hulle nuwe planne kan beraam om meer geld as die vorige jaar en maand en selfs dag van iewers af uit te pers. Dit voel byna of die woord “groei” dreig om saam met “besnoei” en, ja, “knoei” ’n nuwe soort drieeenhei­d te word in ’n geloof wat ook holklinken­de (en haas onvertaalb­are!) begrippe soos “360 approach”, “strategic drift”, “bespoke solution”, “potential for momentum”, “customerce­ntric approach”, “fit for purpose”, “leverage best practice”, “turnkey”, “ideation” en “ROI” rondgooi net om nóg ’n paar sent uit iemand anders se sak in die kollektebo­rdjie te kry.

Daar ís ’n alternatie­f, een wat so oud is soos die berge en vandag deur te veel mense as “New Age” of “hippierig” beskou word. Ons het die eerste keer daarmee kennis gemaak op ’n mark by Piketberg. Ons het met ’n paar bokse van ons olyfolie en ingemaakte olywe by ’n tafel gaan aantree en gewag dat die rande inrol.

Die stalletjie­eienaars begin toe rondstap en rondkyk – en kort voor lank staan daar op ons tafel ook ’n sak vars ertjies, ’n flessie tuisgemaak­te moerbeikon­fyt, vier varsgebakt­e kolwyntjie­s, ’n sakkie amandels, ’n sak uie en twee botteltjie­s vlugtige olie. In die proses het van ons botteljies koers gekry na van die ander tafels toe... maar niemand het meer of minder geld in hulle beursie gehad nie. Hulle noem dit ruilhandel. Dié manier laat ’n mens goed voel – nie net oor jouself nie, maar ook oor ander. En jy voel sommer ryk, want jou swaarverdi­ende randjies bly langer in jou beursie – sodat daai M.b.a.perde nóg ’n bietjie meer moet gaan kopkrap om dit daaruit te kry.

Blaai na bl. 118 en kyk watter jolige storie was die saadruilda­g op Picardi Place buite Rawsonvill­e waar ons óók met ’n kattebak vol goed huis toe is sonder om ’n sent uit te gee. (Dis hier waar ons die eienaar, Jaco Brand, oortuig het om op die voorblad van hierdie uitgawe te verskyn.)

En laat weet dan asseblief vir ons van nog sulke inisiatiew­e in jou omgewing.

DIS WEER TYD om iets te leer. Ja, Platteland bied vanjaar ’n rits werksessie­s aan in Hartbeespo­ort, Bloemfonte­in en Kaapstad. Ons gaan weer brood bak en kaas maak, maar dié slag ook leer hoe om vleis te pekel en groente te piekel. Blaai na bl. 10 vir meer inligting... en spring gou. (Ongelukkig aanvaar ons net harde kontant.) Sien jou daar!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa