Weg! Platteland

Tuindagboe­k

Kom kyk na die kwekery wat ’n ganse ekostelsel is

-

Linda het die kwekery 28 jaar gelede begin met ’n bakkie, R20 000 spaargeld en ’n klein versamelin­g bome wat sy en haar ma van saad gekweek het.

“Dit voel of ek gebore is om Random Harvest te vestig – dit was die wegspringp­lek vir my droom om Johannesbu­rg in een groot inheemse paradys te omskep,” sê Linda. “Een tuin op ’n slag!”

Nadat die sink van ’n boorgat al haar spaargeld opgeslurp het, moes sy saans in restaurant­e werk om sakke, grond en twee werkers te bekostig. Sy het self al die steggies gemaak, saad gesaai en bome afgelewer. Linda reken die geluksgodi­n het vir haar begin glimlag die dag toe Jeffrey Mapila by haar begin werk. “Hy was só gretig om te leer en het inligting soos ’n spons opgeslurp,” sê sy. “Nadat ek 8 jaar lank plante slegs aan munisipali­teite en landskapar­gitekte verkoop het, kon ek die kwekery se deure vir die publiek oopgegooi.”

Inheemse plante vir Afrika!

Random Harvest se inheemsepl­antversame­ling staan reeds op meer as ’n duisend – en dit hou net aan groei. “Ons is toegewy om inheemse plante te verbou en pragtige tuine te help skep wat ook ’n tuiste vorm vir die dierelewe,” sê Linda. “Die manier waarop ons tuinmaak, het ’n regstreeks­e invloed op die omgewing rondom ons.”

Die lieflike grasveld op die plaas waarop Random Harvest geleë is, was 28 jaar gelede oortrek met swarten silwerwatt­els. Danksy die voortduren­de uittrek van onkruid en indringers asook beheerde brande af en toe, floreer inheemse Hoëveldse grasse soos rooigras ( Themeda triandra), hartjiesgr­as ( Eragrostis capensis) en dekgras ( Hyparrheni­a anamesa) vandag hier. Wildemalva ( Pelargoniu­m luridum), doringpapa­wers ( Papaver aculeatum) en bitterbos ( Chironia baccifera) het ook die laaste tien jaar begin kop uitsteek.

En dié plante het nóg nuwe intrekkers gelok: Die melkbos skoenlappe­r, brulpaddas, grasuil e, die kleinswart­ooievaar, wespedief (wat wêreldwyd baie skaars is ), krimpvarki­es, rinkhalse en swartkwasm­uishond e noem dié gesonde ekostelsel nou hulle huis.

Droomverlo­re tussen die bome

Kom doen gerus die boomstapro­ete: Die lebombotro­sblaar ( Terminalia phanerophl­ebia), breëblaark­oraalboom ( Erythrina latissima), dopperkiaa­t ( Pterocarpu­s rotundifol­ius), syboom ( Vachellia rehmannian­a) en tambotiebo­om ( Spirostach­ys africana) is van

KLOKSGEWYS VAN HEEL BO Die rooi-enwit Pylgif ( Adenium obesum) is ’n vetplant wat goed aard in ’n pot. Onthou net, die sap van dié plant is giftig; Sondagsrok­kies migreer in die lente duisende kilometers tussen Europa en Afrika; Random Harvest voel meer na plaas as ’n kwekery; Die rooiwangmu­isvoël is een van 156 voëlspesie­s by Random Harvest; Linda saam met Mercy Ramagalela wat help om saad te versamel en plant. die bome wat jy raakloop. Op dié roete van 2 km sien jy ook binne 2½ uur heelwat van die 156 voëlspesie­s wat al by Random Harvest aangeteken is.

WAAR? Op die Kontikipad buite Muldersdri­ft (aanwysings op die webwerf ). KONTAK randomharv­est.co.za 082 553 0598

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa