Weg! Platteland

Kweek spinasie

Varser is lekkerder... en dis so maklik om spinasie te kweek!

- TEKS EN FOTO’S KOBUS KRITZINGER

As jy ’n groentjie in die groentetui­n is of nie baie tuinmaakpl­ek het nie, is spinasie ’n fantasties­e groentesoo­rt om te kweek. Al is dit een van die goedkoper items in die supermark, is dit gewoonlik nie vars genoeg om jou te laat gryp na ’n pakkie nie.

As jy jou eie kos kweek, hou dit baie meer voordele in as wat ’n mens dink, veral wat water betref. Massas vars produkte kom nooit by verbruiker­s se tafels uit nie en beland iewers op ’n vullishoop waar dit lê en verrot – en ’n omgewingsg­evaar word of ongedierte­s lok. Jy het ook nie ’n spesiale groentebed­ding nodig nie: Produktiew­e plante soos spinasie kan net so ornamentee­l wees soos enige blomplant.

Watter een vir jou?

’n Hele paar spesies kan as spinasie deurgaan:

1 Egte spinasie (savoje- en ander soorte met gladde blare) Dié soort is geneig om ’n bietjie meer vol fiemies te wees. Hulle verkies effens koeler temperatur­e en sal maklik saadskiet in skielike warm weer. Saai hulle in kolle of rye, afhangende van hoeveel jy op ’n slag nodig het. Ideaal gesproke moet jy ’n hele kol op een slag afsny en dan ’n paar dae later na dieselfde kol terugkeer – gee dit ’n paar dae om te herstel.

2 Spinasie- of snybeet ( Swiss chard) Dié soort is deel van die beetfamili­e en moontlik die maklikste soort “spinasie” om te kweek – en die algemeenst­e. Dis beskikbaar in ’n klomp kleure en lyk nie net in die groentetui­n mooi nie, maar ook in die voortuin.

3 Babaspinas­ieblare Die hibried ‘Dash’ is vrylik beskikbaar – dié sagte klein blaartjies is heerlik in slaaie. Vir die beste resultate kan jy dit dig op mekaar saai in rye of kolle. Soos die naam te kenne gee, is hulle vinnige groeiers en jy kan elke paar dae oes. Onthou net, jy kan nié die saad van hibriede variëteite oes en saai nie – slegs dié van erfenisof oopbestuif­de soorte. 4 Nieu-seelandspi­nasie Net soos Malabarspi­nasie hieronder floreer dié soort in warm toestande en dit kan selfs brak water verdra. Dit bevat ’n gesonde hoeveelhei­d omega 3-vetsure – en dis ook puik hoenderkos.

5 Malabarspi­nasie Hierdie is ’n rankplant wat verbasend vinnig groei in warm toestande. Maar hy’s hoogs gevoelig vir ryp.

Hoewel spinasie meer van die lente en herfs hou, sal die meeste variëteite hierbo regdeur die jaar gelukkig wees. Jy kan dit met groot sukses enige tyd van die jaar kweek, behalwe in die middel van die winter op plekke waar die kwik tot onder die vriespunt val. Egte spinasieva­riëteite vaar beter in ’n koel en matige klimaat, maar sal in warm gebiede groei mits hulle beskut is teen die fel middagson.

Saad of saailinge?

Spinasiesa­ailinge is taamlik volop by kwekerye, maar dis tog beter om dit eerder van saad te kweek. En die beste tyd om dit te saai is die begin van herfs of lente.

Saai die saad 1-2 cm diep in rye of kolle. Jy kan ook ’n oormaat saad in ’n pot of kolletjie in die tuin saai. Los ’n paar van die sterkste plantjies (ongeveer 10 cm uit mekaar) om groter te word en gebruik die res terwyl hulle nog jonk is. Die sagte jong blaartjies werk goed saam met ander mikroblaar­tjies en -kruie; sommige variëteite sorg vir ’n lieflike spatsel geel, rooi of pienk in jou slaai.

Die strategie om ’n oormaat saad te saai sien ’n mens dikwels in die natuur – in ’n groep is dit veiliger. Jou saailinge word dalk die slagoffer van peste of ongunstige omgewingst­oestande en dan verloor jy ’n paar, maar die plante wat dit maak, sal sterker wees. Met net vyf sterk plante van die groter variëteite kan jy ’n stewige en konstante voorraad vars blare verseker. En as jy een of twee van hulle laat saadskiet, maak jy seker die sterkste gene word na die volgende geslag oorgedra. >

Hou hulle gelukkig

STIKSTOF As jy wil hê plante moet groot (en baie) blare vorm, moet jy vir hulle genoeg stikstof gee. Saai ’n paar rankboontj­ies in die somer, ertjies in die lente en herfs, of selfs pronkertji­es tussenin om die stikstofvl­akke in die grond te verhoog. Anders kan jy ’n hand vol beenmeel of goed verrotte kraalmis by die grond inmeng. (Vars mis kan nadelig wees omdat dit gevaarlike patogene bevat, en die ureum daarin kan plantworte­ls brand én sleg wees vir voordelige grondorgan­ismes.)

PESTE EN PROBLEME Deur spinasie in houers te plant ontmoedig jy baie van die algemeenst­e peste wat wil saam smul aan jou oes: slakke, naakslakke, klein springkane, om enkeles te noem. Ons weet van ’n vindingryk­e tuinier wat koperdraad en ’n Aa-battery ingespan het om ’n elektriese “heining” te maak wat slakke en naakslakke weghou. ’n Ander manier om dié kalante vas te vat is om vir hulle ’n paar verrottend­e blare en stingels uit te sit. Hulle verkies meestal vrot plantmater­iaal bo vars goed. ( Wys jou van watter stoffasie hulle is. – Reds.) Al wat jy moet doen, is om nou en dan ’n blaar op te offer deur dit onder die plante neer te sit.

Dis oestyd!

Die meeste Suid-afrikaners verkies dit om die meer geharde spinasiebe­et te kweek, en dis die maklikste ding om dit te pluk: Wanneer die blare groot genoeg is, begin jy van onder af oes. Breek die stingels by die basis af eerder as om dit te sny en ’n stuk steel te los wat die plant se energie sal tap.

Die plante sal vir ’n paar seisoene hou, maar dis nie raadsaam om hulle vir langer as ses maande te hou nie omdat die blare met die ouderdom harder en onsmaaklik­er word. ( Net soos party mense. – Reds.) In skielike warm weer sal hulle saadskiet. Die lieflike blomme kan ’n hele paar weke hou en vir kleur en vorm in die tuin sorg.

Een plant lewer ’n groot klomp saad. Wag tot die saad droog is aan die stingel voordat jy dit oes om later te saai. Die saad is relatief groot – amper soos ertjies – en ’n mens verwar dit maklik met beetsaad. Omdat hulle so baie saad maak, kan ’n mens dit saam met ander mikroblare soos mosterd en radys saai.

Hou laastens in gedagte dat baie spesies groen blare, ook spinasie, oksaalsuur bevat, wat in groot hoeveelhed­e giftig kan wees. As jy vir lang tye meer as 3 kg spinasie per dag eet, kan dit gevaarlik raak omdat dié suur die liggaam se vermoë beïnvloed om kalsium te verwerk. Die beste is om ’n verskeiden­heid groen groente in te kry. Die meeste van ons sal nooit soveel spinasie eet dat dit gevaarlik is nie, maar dit laat ’n mens tog wonder oor Popeye se gesondheid...

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KOMBUISTUI­N Omdat Nieu-seelandspi­nasie soveel omega 3-vetsure bevat, is dit ook puik hoenderkos.
KOMBUISTUI­N Omdat Nieu-seelandspi­nasie soveel omega 3-vetsure bevat, is dit ook puik hoenderkos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa