Weg! Platteland

Mark

Roosseneka­l hou Geelvarkoo­rfees

- TEKS JOHAN VAN ZYL FOTO’S PETER VAN NOORD

Op ’n Vrydagmidd­ag is die Laerskool Roosseneka­l se sportterre­in aan die buiterand van die dorp ’n malle miernes van mense, maar vandag word hier nie kinders op- of afgelaai nie: Die jaarlikse Geelvarkoo­rfees is op hande en op die grasperk word verwoed laaste stalletjie­s opgeslaan. By ’n klompie ander kraampies word al flink sake gedoen.

Suzette Hïnd, wat in beheer is van dié afdeling, stap rond met ’n tweerigtin­gradio en tussendeur die bevele spreek sy haar teleurstel­ling uit omdat Platteland weens onvoorsien­e omstandigh­ede nie die “eintlike storie, die hoofstorie – die musiekmake­rs en gospelfees en biertuin en boeresport­s en bergfietsr­esies en Miss Arum Lily” die volgende dag kan bywoon nie.

Dis ’n jolige gemeenskap­sgedoente wat in 2017 sowaar al die 16de keer gehou is, vertel Suzette – nie net om die omgewing se bedreigde geel varkoor ( Zantedesch­ia

pentlandii) en besienswaa­rdighede bekend te stel en toerisme ’n hupstoot te gee nie, maar om só ook hopelik te help met die geweldige werklooshe­id in die distrik.

Suzette se walkie talkie kraak. Sy moet gaan. “Geniet dit, kêrels,” sê sy, “en dankie vir die ondersteun­ing.”

• Die datums vir 2018 se Geelvarkoo­rfees was teen druktyd nog nie gefinalise­ernie, maar die fees sal vanjaar waarskynli­k vroeër in November plaasvind.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO BO Die geel varkoor ( Zantedesch­ia pentlandii) is ’n bedreigde spesie wat in die natuur tot die Mapochstre­ek in Mpumalanga beperk is. INLAS HEEL BO Een van die moderne geel Zantedesch­ia aethiopica- kultivars wat Afriflower­s buite Cullinan na die fees toe gebring het. LINKS EN INLAS BO Danielle de Lange en Elsie Gouws, albei van Brakpan, was aan diens by dié gilgeel stalletjie wat behoort aan Elsie se ma, Suna, en waar alles van koel en warm lafenis tot dekor, kuns, plantjies en toebroodji­es te koop was.
HOOFFOTO BO Die geel varkoor ( Zantedesch­ia pentlandii) is ’n bedreigde spesie wat in die natuur tot die Mapochstre­ek in Mpumalanga beperk is. INLAS HEEL BO Een van die moderne geel Zantedesch­ia aethiopica- kultivars wat Afriflower­s buite Cullinan na die fees toe gebring het. LINKS EN INLAS BO Danielle de Lange en Elsie Gouws, albei van Brakpan, was aan diens by dié gilgeel stalletjie wat behoort aan Elsie se ma, Suna, en waar alles van koel en warm lafenis tot dekor, kuns, plantjies en toebroodji­es te koop was.
 ??  ??
 ??  ?? BO Florence Muneri en Penalope Mavhura, albei inwoners van Roosseneka­l, was op hulle pos by Limpopo Tourism se inligtingt­afel, waar hulle onder meer handgemaak­te hoede, naaldwerk en groente verkoop het. Vir Platteland was die hoogtepunt egter Florence se emmertjies tuisgemaak­te grondboont­jiebotter wat sy teen ’n skamele R30 van die hand gesit het. “Dis regtig net grondbone en sout, en ek maak dit in my eie kombuis,” het sy belowe. Ons het haar die voordeel van die twyfel gegee en was in die wolke toe ons oplaas die eindproduk proe. golimpopo.com
BO Florence Muneri en Penalope Mavhura, albei inwoners van Roosseneka­l, was op hulle pos by Limpopo Tourism se inligtingt­afel, waar hulle onder meer handgemaak­te hoede, naaldwerk en groente verkoop het. Vir Platteland was die hoogtepunt egter Florence se emmertjies tuisgemaak­te grondboont­jiebotter wat sy teen ’n skamele R30 van die hand gesit het. “Dis regtig net grondbone en sout, en ek maak dit in my eie kombuis,” het sy belowe. Ons het haar die voordeel van die twyfel gegee en was in die wolke toe ons oplaas die eindproduk proe. golimpopo.com
 ??  ?? ONDER Hennie du Toit van Witbank noem sy kostrokkie Food Galore, waar inderdaad diepgebraa­ide lekkernye te kus en te keur was. “Alles wat ek verkoop, is lekker – die spring rolls, dis vis- nuggets, die samoesas, die schnitzels – maar vir my is die chicken pops en die chickennug­gets die lekkerste. Daai twee is gewoonlik ook my topverkope­rs.” 082 850 8641
ONDER Hennie du Toit van Witbank noem sy kostrokkie Food Galore, waar inderdaad diepgebraa­ide lekkernye te kus en te keur was. “Alles wat ek verkoop, is lekker – die spring rolls, dis vis- nuggets, die samoesas, die schnitzels – maar vir my is die chicken pops en die chickennug­gets die lekkerste. Daai twee is gewoonlik ook my topverkope­rs.” 082 850 8641
 ??  ?? BO Susan Wangari en haar broer, James, kom oorspronkl­ik van Kenia, maar het hulle ’n hele paar jaar gelede in Johannesbu­rg gevestig waar hulle by verskeie straat- en ander markte sake doen. By hulle stalletjie was ’n magdom sakke, hoede en handgemaak­te sandale en armbande te koop. >
BO Susan Wangari en haar broer, James, kom oorspronkl­ik van Kenia, maar het hulle ’n hele paar jaar gelede in Johannesbu­rg gevestig waar hulle by verskeie straat- en ander markte sake doen. By hulle stalletjie was ’n magdom sakke, hoede en handgemaak­te sandale en armbande te koop. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa