Weg! Platteland

Spinasie

Mense wat nie van spinasie hou nie, onthou waarskynli­k daai pap, effens bitter, waterige hopie groenighei­d in die hoek van hulle bord toe hulle ’n kind was. Hier’s ’n paar smaaklike planne wat jou met nuwe oë na dié gesonde groen blare sal laat kyk.

- RESEPTE EN STILERING ALETTA LINTVELT FOTO’S MYBURGH DU PLESSIS KOSASSISTE­NT MERRILL BUCKLEY

Aletta maak spinasie soos jy dit nog nooit gesien het nie

Spinasie en haar susters kan in dieselfde geregte ingespan word, hetsy dit spinasieof blaarbeet ( Swiss chard), Engelse spinasie of sagte soet babaspinas­ie is. Laasgenoem­de is lekker net so rou, maar die ander soorte moet eers behoorlik gewas word, waarna jy die harde middelste stingel moet verwyder en die blare fynkap. En terwyl babaspinas­ie byna dadelik verwelk wanneer jy dit verhit, moet die harder soort effens langer aan hitte blootgeste­l word.

Die beste manier om enige spinasie gaar te maak is om dit oor taamlik hoë hitte in ’n pan met botter te soteer sodat die water uit die spinasie kan verdamp terwyl die blare verwelk. Moet dit nooit in water kook nie, behalwe as die resep vra dat die spinasie in kookwater gedompel moet word.

As jy ’n oorvloed spinasie het, kan jy dit maklik vries deur dit fyn te kap en net so rou in ziplocsakk­ies te vries. Of jy kan dit soteer of in ’n versapper fynmaak en die puree dan vries om in souse, pastagereg­te en sop te gebruik.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa