Weg! Platteland

Borrieblom­kool en babaspinas­ie

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 30 minute

Hierdie is een my gunsteling- vegetaries­e geregte wanneer ek lus is vir iets wat lekker maar gesond is. Die geheim is om jou tyd te gebruik en die aartappel behoorlik bros te braai sodat dit ’n kontras kan vorm met die sagte gesmelte feta.

JY BENODIG

• 1 pak (400 g) babaspinas­ie • ½ blomkool • 2 middelslag-aartappels • 1 eetlepel (15 ml) olyfolie • 5-6 eetlepels (75-90 ml) botter plus ekstra • 1 ui • 1 eetlepel (15 ml) borrie • ½ teelepel (2,5 ml) gemaalde swartpeper • 1 eetlepel (15 ml) garam masala • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk • 1 groen brandrissi­e, fyngekap • 2 wiele fetakaas • 2 naanbrode • 1 suurlemoen, in wiggies gesny

SÓ MAAK JY

Was en droog die spinasie en hou dit eenkant. Breek die blomkool in blommetjie­s en sny die aartappel in blokkies.

Verhit die olyfolie en 4 eetlepels (60 ml) van die botter in ’n groot pan en braai die aartappelb­lokkies vir 5 minute oor ’n taamlike hoë hitte tot dit ’n bros bruin randjie begin vorm. Roer die blomkool by en braai dit vir nog 5 minute. Die blomkool én aartappel moet behoorlik braai sodat dit ’n effense bros randjie kry.

Voeg die ui, borrie, swartpeper, garam masala, knoffel en rissie daarby, verlaag die hitte en braai dit stadig vir nog 5-10 minute of totdat die blomkool én aartappel gaar is.

Roer die spinasie deur die pan, breek die feta in groot blokke en sit die deksel op die pan. Haal die pan van die plaat af sodra die spinasie verwelk. Proe en geur die mengsel na smaak met nog varsgemaal­de swartpeper, sout en nog 1-2 eetlepels (15-30 ml) botter. Sit ook gerus nog rissie of selfs borrie by, indien verkies.

Sit dit warm voor met naanbrode en wiggies suurlemoen om daaroor uit te druk. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa