Weg! Platteland

Geskroeide spinasie met saffraanjo­gurt

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 15 minute Gaarmaakty­d 15 minute

Hierdie warm gereg is losweg geskoei op ’n resep van Yotam Ottolenghi. Dit is ’n smaaklike bykos wat veral lekker werk saam met enige geroosterd­e lamsvleis.

JY BENODIG

• 4 eetlepels (60 ml) dennepitte (of gebruik amandelvlo­kkies) • 3 eetlepels (45 ml) olyfolie • 1 ui, gekap • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk • ¼ teelepel (1,25 ml) droë brandrissi­evlokkies • ½ teelepel (2,5 ml) komynsaad • 4 eetlepels (60 ml) droë sultanas • 1 eetlepel (15 ml) rooiwynasy­n • 1 pak (400 g) heel spinasiebl­are

VIR DIE SAFFRAANJO­GURT • ’n knippie saffraandr­ade • 200 g Griekse jogurt • 2 eetlepels (30 ml) kookwater

SÓ MAAK JY

Begin solank met die saffraanjo­gurt deur die saffraan vir 15 minute in die kookwater te week. Braai intussen die dennepitte in ’n groot droë pan tot goudbruin en hou dit dit eenkant. Verhit 2 eetlepels (30 ml) van die olyfolie en soteer die ui, knoffel, rissie en komyn vir 10 minute daarin. Krap die mengsel in ’n bakkie uit en gooi die sultanas en rooiwynasy­n daarby. Vee die pan uit, gooi 1 eetlepel olyfolie (15 ml) daarin en verhit dit tot warm. Braai die spinasiebl­are in ’n enkellaag in die warm pan totdat die blare begin verwelk en die rande skroei. Doen dit in sarsies, anders sal die blare water trek. Rangskik die spinasiebl­are op ’n bord en skep die uiemengsel en dennepitte bo-oor. Meng die saffraanwa­ter met die jogurt, en sit die jogurt saam met die spinasie voor. >

 ??  ?? WENK Die spinasie kan ook grofgekap en vinnig in ’n baie warm pan gesoteer word voordat jy die uiemengsel en neute deurmeng.
WENK Die spinasie kan ook grofgekap en vinnig in ’n baie warm pan gesoteer word voordat jy die uiemengsel en neute deurmeng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa