Weg! Platteland

Kyk, doen, eet en slaap

-

Albatross

Dié restaurant by die Kalahari-buiteklub kyk uit oor die gholfbaan en lieflike kameeldori­ngbome en is net die plek om laatmiddag te kom sit en rustig raak. Volgens die meeste inwoners is dit ook waar jy die lekkerste kos kry. Hulle het ’n pizzaoond en is nie suinig met die bestanddel­e bo-op nie. Albatross Restaurant Kathu 053 723 2306

The Daily

Hier kry jy goeie koffie – trouens, dit lyk soos Kathu se beste koffiewink­el. Op die spyskaart is ’n gawe verskeiden­heid ontbyte en ligte etes, en Vrydae word hier spesiale melkskomme­ls – onder meer vir die kinders – gemaak. The Daily Coffee Cafe Kathu 053 004 0281

Kameeldori­ng-gastekamer­s

Hier is twee netjiese selfsorgee­nhede, elkeen met ’n dubbelbed, lugreëling en Dstv. ’n Gemeenskap­like braaiplek is beskikbaar.

084 589 1986 of 083 304 7265

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa