Weg! Platteland

Ontmoet die mense

-

Amina Banoo

Amina het ’n mooi storie wat getuig van deursettin­gsvermoë. Sy vertel hoe sy in die Kuruman-omgewing grootgewor­d het en nooit veel skooloplei­ding ontvang het nie. Op 16 het sy by Kuruman se Shoprite gaan werk vra.

“Die eienaar, mister Willey, het vir my gesê: ‘Jy is ’n blote kind. Gaan speel met jou poppe.’ Jong, ek het met ’n houding daar uitgestap en toe roep mister Willey my terug. Ek het by die till begin werk en my opgewerk totdat ek later by die klereaanko­pe bestuurder was.”

Ná haar tyd by Shoprite het sy by die Moffat-museum ’n werk gekry en hier moes sy leer Engels praat en skryf. “Oe, dit was moeilik! Daar is dan woorde wat jy glad nie moet sê soos dit geskryf is nie.”

Maar nou is sy al 17 jaar hier en heel gemaklik met Engels en haar werk op die rekenaar. Amina het ook uitgevind dat haar oupa aan moederskan­t ’n sendeling by die Moffat-sendingsta­sie was.

“Joseph Lockie. Hy was ’n Engelsman wat toe met ’n Kleurlingv­rou, Anna, getrou het. Dit is ’n stukkie van my geskiedeni­s waarop ek nou baie trots is.”

De Villiers Lamprecht

De Villiers het die Klipwerf-gastehuis by sy ouers oorgeneem, maar sê diep in sy hart is hy eintlik ’n boer. Hulle het grond tussen Kuruman en Daniëlskui­l en hy mik soveel hy kan soontoe.

“Kuruman is nie meer vir my ’n aangename plek om te bly nie; dus sal ek nie omgee om permanent plaas toe te trek nie. Maar vir nou moet ons hier bly. My vrou gee skool op Kathu en deur die dag gaan ek plaas toe, maar van laatmiddag af is ek terug by die gastehuis.”

Volgens hom is die meeste van hulle gaste mense wat vir werk deurkom Kuruman toe.

Jenny Kirton

Jenny het voorheen op Kathu gewoon – sy onthou dit was in die jare sewentig ’n klein plekkie met grondstraa­tjies. “Ons het soontoe getrek toe die eerste huise gebou is. Oral was hope bousand waarop ons gespeel het. Nou is dit heeltemal ’n ander plek.”

Kuruman self het van ’n stil, mooi plekkie verander in ’n baie besige dorp, sê sy.

Hier het sy 30 jaar vir Standard Bank gewerk voor sy die Klipwerf-gastehuis se bestuurder geword het. “Vroeër jare het ons heerlik gekuier by die Oog se restaurant­jie, én daar was ’n inry langsaan, maar vandag is daar niks van oor nie.”

Jenny sê toeriste wat by hulle oorslaap, is gewoonlik op pad Augrabies, Kgalagadi of Namibië toe. “Maar op Kuruman vertoef mense nie lank nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa