Weg! Platteland

Kyk, doen, eet en slaap

-

Moffat-museum

Ná 1980 is die geskiedkun­dige geboue van die Moffat-sendingsta­sie gerestoure­er en vir toeriste oopgemaak. Hier kan jy in die spore van David Livingston­e kom loop en meer uitvind oor wat die sendelinge Robert en Mary Moffat gedoen het in die 50 jaar wat hulle by die sendingsta­sie was. Robert het onder meer die Bybel in Tswana vertaal en gedruk op die sendingsta­sie se eie drukpers wat van Amerika af ingevoer is.

083 604 0804

Die Geel Kombuis

Hierdie plekkie, geleë in Kuruman se noordelike buurt, is iets tussen ’n koffiewink­el en padstal. Buiten koffie en ligte etes is hier ook heelwat handgemaak­te produkte. En elke dan en wan hou hulle ’n aandmark – dan kom verkoop die omgewing se mense allerhande interessan­te dinge wat hulle self gemaak het.

Die Geel Kombuis 083 458 7310

Klipwerf-gastehuis

Die gastehuis is in die hoofstraat, skuins oorkant die Spur. Die kamers is baie netjies en het lugreëling, én jy kan etes bestel. Hier is ook braaiplekk­e en ’n swembad. klipwerfgu­esthouse.co.za 053 712 0932 of 082 229 0373

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa