Weg! Platteland

DE VRY SE PRODUKTE

-

Die Droë Rooinek Dry Gin

“Dit is ’n vars, droë jenewer met talmende sitrus-, peperagtig­e en blommenote, maar nie juniper-driven nie,” sê Pasch, al tel jenewerbes­sies onder die 14 botaniese byvoegings, wat ook koljander, angelika, kamille, kassia, suurlemoen, lemoen, die plaas se kakiebos, kosmos en pienk peperkorre­ls insluit. Die broers verouder tans ’n beperkte hoeveelhei­d hiervan in vaatjies en sal hulle “derde” jenewer vrystel sodra dit na hulle smaak is.

Die Soet Rooinek Cherry Gin

Plomp, ryp, pikswart kersies word met die hand gepluk deur Pasch se skoonpa, Gys du Toit van Du Toit-vrugte op Ceres. Die vrugte word dan liggies gekneus en die vrugte (en pitte) in Die Droë Rooinek Dry Gin geweek. Wanneer die kleur en geur reg is, word die jenewer, wat nou met eiesoortig­e rypvrugte-, amandel- en speserygeu­re spog, gefiltreer en gebottel. Onverbeter­lik net so of saam met Fitch & Leedes se tonikumwat­er.

Die Warm Rasta Rum

’n Vatveroude­rde, 100% natuurlike rum was boaan die drie broers se wenslys en hulle het groot moeite gedoen om die regte vaatjies te kry, die vate te skroei en met die verouderin­gstyd te eksperimen­teer. Dis vanselfspr­ekend nie gemik op mense wat rum gewoonlik saam met Coke geniet nie, en al is ons hier by Platteland nie eintlik rumdrinker­s nie, het dié sysagte karamel skoon oor ys ons onmiddelli­k oortuig om ’n bottel aan te skaf.

Die Groot Komunis Vodka

“Vodka was nooit deel van ons planne nie, en het buitendien mos die reputasie dat hy jou blind en simpel maak. Hy moet ook eintlik na niks smaak nie, want dit gaan oor wat jy daar bygooi,” sê Gerrit. De Vry se vodka word drie keer gedistille­er en verkieslik yskoud en skoon gedrink om die botter- en beskuitjie­geure te waardeer.

(“Komunis”metneteenm? Dalkhetiem­andtediepi­ndie vodkabotte­lgekyk?–reds.)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa