Weg! Platteland

GELUK UIT DIE GROND UIT

-

Wil jy die res van jou lewe gelukkig wees? Begin deur jou eie organiese groente te kweek met saad van Franchi Sementi, wat plaaslik deur Sought After Seedlings versprei word.

Een van die maklikste maniere om liggaam en gees gesond te hou – en jou liggaam te help om siektes, bakterieë en virusse te beveg – is om organiese kos te eet wat nie met mensgemaak­te chemikalie­ë besmet is nie.

Volgens die jongste navorsing is tuisgekwee­kte organiese groente en vrugte nie net lekkerder as hulle winkel-eweknieë nie, maar dit bevat ook 50% meer voedingsto­wwe, vitamiene en minerale.

Natuurlik begin enige tuisgekwee­kte kos met gesonde grond wat onder meer heelwat kalsium, chloried, magnesium, fosfor, kalium en vitamien K bevat, maar wat jy dalk nié geweet het nie – veral as jy glo jy het nie “groen vingers” nie – is dat jou liggaam van dié vitamiene en minerale uit die grond opneem as jy sonder handskoene in die tuin werk!

Begin sommer vandag nog ’n groente-akker met Franchi Sementi se reeks erfenissaa­d wat meestal oopbestuif is. As jy nie ’n benul het waar om te begin nie, kom doen een van Sought After Seedlings se organieset­uinkursuss­e waar jy binne ’n dag die A-Z van groentetui­ne onder die knie kry.

Geen geluk kom naby geluk uit die grond nie!

WEBWERF soughtafte­rseedlings.co.za BEL 082 365 0050

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa