Weg! Platteland

Spinasie-enkekerert­jieslaai

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 15 minute

Hierdie slaai kan jy warm óf teen kamertempe­ratuur voorsit. Dis ’n uitstekend­e ligte ete op sy eie, maar sal ook goed afgaan as bykos vir geregte soos geroosterd­e hoender. Óf skep dit in sagte oondgebakt­e patats.

JY BENODIG

• 2 eetlepels (30 ml) olyfolie • 1 ui, fyngekap • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk • 1 rooi soetrissie, gekap • 1 teelepel (5 ml) gerookte paprika • 1 blikkie (410 g) kekerertji­es, gedreineer • 150 g chorizo, gekap • 4 groot hande vol spinasie • 2 eetlepels (30 ml) gerasperde parmesaank­aas

SÓ MAAK JY

Verhit die olyfolie in ’n groot pan en soteer die ui vir 5 minute. Voeg die knoffel, soetrissie, paprika, kekerertji­es en chorizo by en roerbraai dit vir 510 minute tot geurig.

Haal die pan van die plaat af, roer die spinasie deur en geur dit na smaak met sout. Sit die deksel op en laat dit staan totdat die spinasie verwelk. Sprinkel die parmesaank­aas oor. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa