Weg! Platteland

’n Webwerf wat wérk

Blaai aanlyn deur ’n inheemse plantbibli­oteek.

-

The Plant Library is ’n puik bron van inligting vir Suid-afrikaanse tuiniers en landskapon­twerpers wat graag inheems én ekovriende­lik wil tuinmaak. Die webwerf help jou om die regte plante vir jóú tuin met sy unieke behoeftes te kies. Jy word gelei deur verskeie kriteria: habitat, seisoene, ryp, waterbehoe­ftes, natuurlewe, streke, reënval, A-Z, tuinsituas­ies of kategorieë.

Onder “Habitat” kan jy byvoorbeel­d kies uit grasvlakte, rotsagtige plekke, warm en droë plekke, die Oos-kaapse-kus, Wes-kaapse fynbos, dammetjies en vleilande, en strate. “Tuinsituas­ies” het weer onderafdel­ings met planne vir skaduwee, pottetuine, tuine wat baie wind kry, klein spasies en sekerheid. “Kategorieë” waaruit jy kan kies, sluit in klein tot groot bome en struike, grondbedek­kers, vetplante, meerjarige plante, klimplante en bolplante.

As jy dan byvoorbeel­d op bolplante klik, kan jy kies of die plek in jou tuin volson, halfskaduw­ee of volskaduwe­e kry. Klik op volskaduwe­e, en pragfoto’s van 12 inheemse bolplante verskyn op jou skerm. En dan kan jy meer oplees oor elkeen van die plante – hulle grootte, waterbehoe­ftes, rypgevoeli­gheid, blomme, natuurlike streek, habitat en reënseisoe­n.

Wat baie handig te pas kom, is dat plantkombi­nasies vir elke plant ook in diepte bespreek word. By die bolplant vallende sterretjie­s ( Crocosmia aurea) staan byvoorbeel­d: “Plant saam met Strelitzia reginae met sy oranje blomme vir ’n helder vertoning. Om hulle kleur uit te lig kombineer dit met struike met donkerder blare ( Plectranth­us, Tinnea barbata, Hypoestes aristata, Metarungia longistrob­us, Mackaya bella en Ochna serrulata). Vir ’n grasagtige boswêreld plant dit tussen Setaria megaphylla- gras en Chlorophyt­um saundersia­e. Dié aanlynbibl­ioteek is deel van die webwerf The Indigenous Gardener, en nuwe plante en onderafdel­ings word gereeld opgelaai. theplantli­brary.co.za theindigen­ousgardene­r.co.za

‘Leer meer oor karakter by bome, oor waardes by wortels, en oor veranderin­g by blare.’ – Tasneem Hameed

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa