Weg! Platteland

Adele en Jaco van der Berg

Eienaars van The Thirsty Walrus-drankwinke­l en Algemene Handelaar, en mede-eienaars van The Cat & The Cow

-

Die Van der Bergs, hier saam met Jaco se jongste seun, De Wet (18, regs), het die winkel en drankwinke­l in April laasjaar by Jaco se suster gekoop wat Engeland toe verhuis het. “Ons het op Umkomaas in Kwazulunat­al gewoon en albei vir Sappi gewerk – Jaco as takelaar en ek as ingenieurs­beplanner. Ek spot altyd en sê ek het die korporatie­we lewe prysgegee om Chappies te kom verkoop. Ja, dis die topverkope­r in die winkel – 600 per week! Die skuif was wonderlik, want ek en my man het verby mekaar begin lewe. Nou bly ons sommer reg langs die winkel, waar Jaco ook begin karre regmaak het. Hier kan jy nie met net een besigheid aan die gang bly nie; jy moet die heeltyd ekstra goedjies doen.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa