Weg! Platteland

Kevin en Dawn Klopper

Random Rocks

-

Die Klopper-gesin het 10 jaar gelede uit Mondeor, Johannesbu­rg, hierheen getrek. Dis nou nadat Kevin en hulle seun, Ross (staande), albei ywerige hengelaars, genoeg gehad het van die Vaalrivier. Ná ’n naweek op Machadodor­p het hulle Tonteldoos raakgegoog­le... en hulle was aangenaam verras.

Hulle is gek oor die rus en vrede en stilte – én oor die lieflike sonsonderg­ange. “In Johannesbu­rg sien ’n mens nie meer die naghemel nie,” sê Dawn, “want jy’s altyd te besig. Hier kyk ons na die sterre, ons sien steenbokki­es, die rietbokke kom maak gereeld hier ’n draai.”

So ver van die winkels af, sê sy, is dit moeilik om altyd genoeg van alles te hê, maar die ruilkultuu­r kom altyd tot ’n mens se redding. “Ons deel graag, help mekaar altyd – dis hoe die gemeenskap werk!”

Ross het ’n paar draaie in Johannesbu­rg en die Kaap gemaak voor hy twee jaar gelede plaas toe gekom het en nou help met die blyplek en kosmakery. “Jy sal dit nie glo nie,” sê hy, “maar ons het regtig ’n fantasties­e sosiale lewe hier op Tonteldoos.”

Regs op die foto is Dennis Michas, ’n vriend van die Klopper-gesin wat uit Alberton kom kuier het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa