Weg! Platteland

In ’n neutedo(r)p

-

Oor Belfast (die veiliger pad) is Tonteldoos 254 km van Pretoaria en 280 km van Johannesbu­rg af.

Die dorp het ’n winkel met baie basiese kruidenier­sware, plus ’n drankwinke­l, koffiewink­el (waar jy sommer jou seer spiere kan laat regsien) en ’n winkel met tuisgemaak­te produkte. En ’n gawe kuier-en-eetplek. Vir klein inkopies ry Tonteldose­rs na Dullstroom (23 km) en vir groter sake na Lydenburg (75 km) – hier is ’n Checkers. Vir mall-sake ry mense Middelburg toe (135 km).

Dullstroom het al die noodsaakli­ke mediese dinge: ’n dokter, tandarts, apteek, veearts en selfs ’n fisioterap­eut en sielkundig­e. Die naaste private hospitaal is Midmed op Middelburg. Middelburg het ook twee aftreeoord­e en Lydenburg een. Ouers op Tonteldoos doen óf tuisonderr­ig óf stuur hulle kinders Lydenburg of Middelburg toe. Veral Middelburg het goeie Afrikaanse én Engelse laer- en hoërskole, waaronder ’n puik tegniese skool.

Middelburg (135 km).

Ná 32 oproepe – onder meer na die munisipale kantore van Dullstroom, Belfast, Middelburg, Groblersda­l, Roosseneka­l, Lydenburg en selfs Burgersfor­t – weet ons steeds nie onder watter munisipali­teit Tonteldoos val nie. (Ons weet wel Johann Strauss se Blou Donou-wals is deesdae dié deuntjie om te speel terwyl jy aanhou om deurgesit te word, en ons weet ook jou oproep sal onbeantwoo­rd bly as jy tusen 13:00 en 14:00 na ’n munisipale kantoor toe bel.) Ons raaiskoot is dat Tonteldoos val onder die Elias Motsoaledi-munisipali­teit, die naaste een en in dieselfde provinsie. Dit is later deur een van die inwoners bevestig.

Dalk het dit daarmee te doen dat Tonteldoos eers in Mpumalanga was, maar sedert 2000 deel van Limpopo is. Niemand weet wat die presiese rede daarvoor was nie, maar volgens een van die inwoners het dit te make met ’n groot kraglyn.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa