Weg! Platteland

Hiermee het ons gery

Ford Kuga 2.0 TDCI Titanium Powershift AWD

-

Die Ford Kuga was nog altyd ’n lekker kar, en ons is bly hy kon ná ’n jaar van negatiewe publisitei­t sy kop oplig.

Ons het met die opgekikker­de Kuga uit Johannesbu­rg Tonteldoos toe gery, van daar af na Roosseneka­l toe gemik vir die Geelvarkoo­rfees (sien bl. 140), waarna ons eers in Thabazimbi se rigting gery het (hou die Winter 2018-uitgawe dop!) en uiteindeli­k koers gekies Vrystaat toe om met die Du Plooy-broers te gesels oor die jenewer, vodka en rum wat hulle daar op die vlaktes langs die Vaaldam maak (lees dié storie op bl. 80).

Ons het teerpad (sommige met erge slaggate, veral daar by Groblersda­l rond!), snelweg, grondpad én plaaspad gery, en dié heerlik kompakte motor met sy alle- wielaandry­wing het hom oral puik gedra. Al was hy later onder ’n dik laag stof, het

Platteland oor die hele 2 000 km soos konings gevoel met al die luukshede: ’n Puik klankstels­el, satellietn­avigasie, elektriese ruite, elektronie­se handrem, Bluetooth... en slim spoedbehee­r wat die lyne op die pad “lees” en ook ander voertuie voor jou “sien” – en vanself rem en versnel volgens hulle spoed. En dan, daai knoppie wat jy druk om die bagasiebak (groot genoeg vir baie bagasie en inkopies) oop en toe te maak.

Teen net meer as R500 000 kry jy ’n voertuig wat kan kers vashou by veel groter en duurder karre.

 ??  ?? Platteland bedank Ford Suid-afrika vir die gebruik van dié gawe ryding.
Platteland bedank Ford Suid-afrika vir die gebruik van dié gawe ryding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa