Weg! Platteland

Tanya Bothma

Werk by The Thirsty Walrus

-

“Ek is nou al 11 jaar op die dorp,” sê Tanya. “Ek is deel van die originals!” Sy en haar ma en vier kinders woon op die plaas Glen Lochlan in ’n groot ou plaashuis, waar hulle ’n kothuis aan vakansiega­ngers verhuur en ook ’n verfbalbaa­n het. Hier word hulle geselskap gehou deur hoenders, eende, ganse, kalkoene, poue, honde en skape.

Tanya kén van werk. Bedags werk sy hier in die drankwinke­l, naweke by die taverne langsaan, en saans bak sy malvapoedi­ng vir Percy en Karin se Riverman Cabin. Én dan onderrig sy self haar kinders by die huis.

Dit moet die rustigheid, die stilte en die vars lug wees wat haar soveel energie gee. “Ek is mal oor die plek en sy mense – almal help mekaar en kuier saam. Dis ’n klein en hegte gemeenskap wat ek baie geniet.”

En wat doen sy as dit stil raak in die drankwinke­l? “Ag, ek lees boek, vul sudoku of ’n blokkiesra­aisel in of doen ’n klas met die kinders. Hier’s altyd iets te doen!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa