Weg! Platteland

Peter Mcbride

Eienaar van die High-side Tavern

-

Peter en Jono Yearsley van Woolly Bugger was saam op skool in Midrand en het saam motorfiets gery. Hulle het vyf jaar gelede hierheen begin kom, twee keer per maand, en dan verwoed partytjie gehou. Toe, op ’n dag, hoor Peter dié plek is in die mark.

“My pa het in Januarie 2015 die plek gekoop en op 1 Maart daardie jaar het ek hierheen getrek. Die meeste van my vriende wou by my weet: ‘Waar de f— is Tonteldoos!?’”

Peter en Joe Holmes hou nou een keer per maand ’n avontuurto­er vir motorfiets­ryers, gewoonlik die eerste naweek van die maand – dit begin gewoonlik op ’n Vrydagaand met “’n burger en te veel bier”, ontbyt Saterdag en dan ’n baie ontspanne roete wat Joe uitwerk. “Dan het ons die Saterdagaa­nd iemand hier wat sing, ons braai en kuier lekker. Die meeste mense kom van Johannesbu­rg en Pretoria af, en daar’s geen ego’s betrokke nie. Geen gejaag nie en geen trofeë nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa