Weg! Platteland

Mark Kom kry vars lug en vars produkte by Fourways se plaasmark

Op Sondaed mikk tallell van died Goudstaddd se kkajuitkoo­rslyerskl Montecasin­o toe – nie noodwendig om te dobbel nie, maar op soek na ’n stukkie platteland­se plesier in die buitelug: die Fourways Farmers Market.

- ffmarket.co.za The Fourways Farmers Market info@ffmarket.co.za 010 534 6622 of 011 465 0877 TEKS JOHAN VAN ZYL FOTO’S PETER VAN NOORD

Is jy keelvol van politici en misdadiger­s se euwels? Soek jy naarstig na bewyse dat die reënboogna­sie nog lank nie sy laaste asem uitgeblaas het nie?

Sit dan op ’n Sondag af na die Fourways Farmers Market, want hier sal jy haas elke kultuur en kleur aantref, harmonieus aan ’t koop en eet, klets en kuier, drink en speel. By tafels. In stil, skaduryke sithoekies. Op strooibale of houtbankie­s en stompe onder ’n dak van ou dennebome. By die tamaai speelterre­in vir kinders. By die skemerkelk­iekroeg. Of maak soos die moeës, luies en lammes en vly jou sommer lankuit neer op die gras, op die naat van jou rug...

Voor middagete sal jy gewoonlik gesinne en hulle vierbeenvr­iende hier aantref; ná middagete trek die blink vuurwaens en kwaaikat viertrekvo­ertuie in, die mense agter die stuur vars gestorteng­esonbril en reg vir ’n behoorlike regmakertj­ie ná ’n wilde nag op die dansvloer.

Hier is die kodewoorde immer vars en handgemaak – of jy nou na die brood of suiwel, bier of borrels, charcuteri­e, ingemaakte goed, gebak of kos uit elke uithoek van die aarde verwys.

En daar is meer as 100 stalletjie­s. Plus ’n reënboog van vrolike SuidAfrika­ners. Maak ’n draai. Smoor jou bitterbekk­igheid in die kiem. Die lewe is kort en hier veral ook lékker.

• Die mark word elke Sondag van 09:00 tot 16:00 op die hoek van William Nicolrylaa­n en Montecasin­oboulevard gehou. ’n Farmers Pop Up Café & Bar word die meeste Vrydae van 15:30 tot 22:30 aangebied.

 ??  ??
 ??  ?? BO ’n Mens nader die ingang na die mark, wat in die skaduwee van groot dennebome gehou word, vanuit die parkeerter­rein. Oral is bordjies wat jou help om nie in die swetterjoe­l stalletjie­s en mense te verdwaal nie.
BO ’n Mens nader die ingang na die mark, wat in die skaduwee van groot dennebome gehou word, vanuit die parkeerter­rein. Oral is bordjies wat jou help om nie in die swetterjoe­l stalletjie­s en mense te verdwaal nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa