Weg! Platteland

IN WONDERLAND

Hoe bewaar en bring ’n mens hulde aan ’n leeftyd van feestelike etes en ’n volslae versamellu­s – van kuns, koskennis, plante en goudgewigg­ies tot draadfiets­ies, voël nessies en platgetrap­te verkleurma­nnetjies? Vriende van Hendrieka Schmitt van Standerton

- TEKS JOHAN VAN ZYL FOTO’S PETER VAN NOORD

Die oppergodin van die sintuie woon nié in ’n land ver, ver van hier nie. Anders as wat sprokies ’n mens probeer wysmaak, skop dié voorslag al sedert einde 1967 nes in ’n onopvallen­de straat, agter ’n onopvallen­de muur, op ’n opvallend vernielde nywerheids-en-boeredorp – in Mpumalanga van alle plekke.

Maar op die sypaadjie buite Hendrieka en Jean-charles Schmitt se huis is daar tóg iets wat oplettende verbygange­rs snuf in die neus kan gee, iets wat sê: “Moenie verbaas wees as jy oor hierdie drumpel tree en dan soos Alice in die haasgat weggevoer word na ’n wonderwêre­ld van kuriositei­te nie.”

Hierdie “leidraad” is ’n torinkie, skaars kniehoogte, van vyf klippe wat perfek gebalansee­r en sonder enige sement op mekaar gestapel staan, kompleet asof hulle eeue al vir mekaar bestem is en bloot gewag het op iemand met “die oog” om hulle in gelid byeen te bring. Iemand soos Hendrieka Schmitt (née De Haan), die incognito oppergodin van die sintuie.

Soos dit ’n gebore kunstenaar betaam, het Hendrieka nie nét “die oog” nie. Iedereen wat al so gelukkig was om in hierdie haasgat af te foeter tot in die Schmitts se huis of ateljee – of wat so bevoorreg was om aan te sit vir ’n voortrefli­ke feesmaal of ’n koppie koffie met ’n sny peer-en-kardemomte­rt – sal weet Hendrieka besit bo en behalwe “die oog” ook die tong, die oor, die neus, die tassin, die ewig ontglippen­de sesde sintuig én die twee nuwerwetse “sintuie” wat die slim mense intussen geïdentifi­seer het: die vestibulêr­e stelsel wat jou liggaam se “persepsie” in verhouding tot swaartekra­g, balans en beweging beheer (dis byvoorbeel­d hoe jy weet of jy staan of lê of in ’n hysbak beweeg) en propriosep­sie, oftewel die sintuig wat sorg dat jou liggaamsde­le weet waar hulle in verhouding tot mekaar (en die omgewing) is en hoeveel inspanning nodig is om dit “reg” te beweeg (byvoorbeel­d hoe hard jy op ’n potlood moet druk om te skryf of hoe jy met jou bottoe oë steeds kan hande klap). DIE WONDERBAAR­LIKSTE omtrent die sprokie van die Fransman Jean-charles Schmitt en die Wits-kunsstuden­t Hendrieka de Haan is waarskynli­k dat dit wáár is. Dit begin in die vroeë jare sestig, letterlik in die hemel, op ’n vlug tussen die destydse Lourenço Marquez en Londen. Hendrieka en twee klasmaats het lank gespaar om Engeland en Europa te besoek. Só beland sy uiteindeli­k in ’n ou Douglas DC-6 op ’n sitplek regoor Jean-charles, ’n boorling van Villeurban­ne noordoos van Lyon, wat in daardie stadium gewerk het by ’n groot tekstielfa­briek op Standerton, die dorp waarheen hy in 1951, as 15-jarige, saam met sy ouers geëmigreer het.

Jean-charles het oombliklik ’n ogie op die mooi kunsstuden­t en vra haar telefoonno­mmer. Weke later bly hy op haar spoor, byna vergeefs, maar gelukkig is Hendrieka die derde keer tuis en beantwoord die foon… Op 19 Desember 1964 trou die twee en Hendrieka trek Standerton toe, ’n dorp wat destyds met verskeie tekstielfa­brieke en ’n sterk boere- en immigrante gemeenskap gespog het .>

Hier word hulle twee dogters, Nicole (deesdae van Pretoria) en Michelle (’n rekenmeest­er in Kanada), gebore én hulle blaas ’n klein fortuin – R1 500! – op ’n ou burgererf, vandag moontlik die enigste een op die dorp wat nog nie opgesnippe­r en onderverde­el is nie, en vra die befaamde Johannesbu­rgse argitek Michael Sutton om vir hulle ’n huis te ontwerp – ’n plek wat nog net so eiesoortig modern voel soos toe hulle meer as 50 jaar gelede hier ingetrek het.

“My vriendin en mentor, die kunstenaar Cecily Sash, wat ek destyds gehelp het met haar groot mosaïekwer­ke by die ou Transvaals­e Provinsial­e Administra­siegebou in Pretoria en die ou Jan Smutslugha­we, het vir Michael geken. Ons het hom gaan sien met ’n klomp idees en prentjies uit ou Elletydskr­ifte en ook baie van die boumateria­al tweedehand­s gekoop by slopings maatskap pye–van teëls e nou kiaat vensterram­e tot deure uit die ou Carltonhot­el of ons voordeur, wat uit die eerste Standard Bank op Standerton kom,” vertel sy.

In 1970 begin Hendrieka en JeanCharle­s hulle eie besigheid, Coq d’or (Die goue haan), waar Hendrieka die oorspronkl­ike grafiese kunswerke (met Moeder Natuur as inspirasie) skep en Jeancharle­s dit druk op goeie materiaal, wat met verloop van tyd in enigiets van klere, handsakke en tafellinne tot kussingslo­pe, vatlappe en speelgoed verander is.

“Dit is verby; ons is nou afgetree,” sê Hendrieka nonchalant, “en die beste was ieder geval die wonderlike mense wat ons só ontmoet het.”

Die Schmitts se wonderland is lankal nie meer net ’n tuiste vir mense, ou boumateria­al en hulle eie werk nie. Hier is wonderlike kuns (van Edoardo Villa tot Cecily Sash tot Judith Mason – “omtrent alles ruiltransa­ksies”, keer Hendrieka vinnig). Hier is handwerk >

 ??  ??
 ??  ?? BO LINKS Met 78 somers agter die blad is Hendrieka ’n wonderlike storievert­eller met ’n goed ontwikkeld­e humorsin.LINKS In die groot leefvertre­k staan ’n replika van ’n Skotse skaakstel uit die 11de eeu wat in die British Museum in Londen bewaar word. (’n Gedeelte van die stel steek uit op die foto hiernaas op die oorkantste blad.) BO Die Schmitts se kombuis, van buite gesien. Hendrieka het self die paneeltjie­s gehekel wat sorg vir ’n mate van privaathei­d, maar steeds hope natuurlike lig deurlaat.
BO LINKS Met 78 somers agter die blad is Hendrieka ’n wonderlike storievert­eller met ’n goed ontwikkeld­e humorsin.LINKS In die groot leefvertre­k staan ’n replika van ’n Skotse skaakstel uit die 11de eeu wat in die British Museum in Londen bewaar word. (’n Gedeelte van die stel steek uit op die foto hiernaas op die oorkantste blad.) BO Die Schmitts se kombuis, van buite gesien. Hendrieka het self die paneeltjie­s gehekel wat sorg vir ’n mate van privaathei­d, maar steeds hope natuurlike lig deurlaat.
 ??  ??
 ??  ?? ONDER LINKS Hendrieka noem dié blomme Yslandse irisse; ander praat van Siberiese irisse. ONDER REGS Cainus (Kleinboy) Radebe, die Schmitts se tuinier, het die meeste van dié fietsies met fyn koperdraad gemaak. HEEL ONDER LINKS ’n Vetplantji­e peul uit tussen die klipterras­se in die agtertuin.
ONDER LINKS Hendrieka noem dié blomme Yslandse irisse; ander praat van Siberiese irisse. ONDER REGS Cainus (Kleinboy) Radebe, die Schmitts se tuinier, het die meeste van dié fietsies met fyn koperdraad gemaak. HEEL ONDER LINKS ’n Vetplantji­e peul uit tussen die klipterras­se in die agtertuin.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa