Weg! Platteland

Wie was Tesselaar?

-

Die geskiedeni­s van Tesselaars­dal word breedvoeri­g uiteengesi­t in Annalize Mouton se fassineren­de boek Tesselaars­dal – A Bend in the Road.

Die verhaal begin by Johannes Jacobus (Jan) Tesselaar, die seun van ’n Duitse immigrant wat as beloning vir sy werk as soldaat in die VOC twee leenplase by die destydse goewerneur, Willem Adriaan van der Stel, gekry het: Hartebeest­rivier in 1781 en Steenboksr­ivier in 1791. (Die dorp is eers Hartebeest­rivier genoem, maar omdat daar ook ’n ander dorp met dieselfde naam was, het die Poskantoor die naam verander na Teslaarsda­l Farm 811, wat later net Tesselaars­dal geword het.)

Teen die tyd dat Jan in 1810 oorlede is, het hy al sy besittings, waaronder die plase, roerende bates en 38 slawe, aan sy vrou, Aaltjie, agtergelaa­t. (Volgens die opgaafrol van die Caledon-distrik was Aaltje twee jaar ná haar man se dood die eienaar van onder meer 10 karperde, 148 stoetperde, 38 trekosse, 300 teelskape en 100 bokke.)

Omdat die egpaar kinderloos was, het Aaltje, wat op haar eie aanhou boer het ná Jan se dood, al haar besittings aan 9 van haar slawe en hulle afstammeli­nge bemaak toe sy 22 jaar later dood is, en haar testament het ook bepaal dat die slawe wat jonger as 15 jaar is, skooloplei­ding ontvang – in daardie jare ’n ongekende stap.

Uiteindeli­k het dit geblyk die Tesselaars se erfporsie aan die slawe was glad nie so ’n edel daad nie. Jan en Aaltje het in der waarheid slawe “geteel” en groot geld daaruit gemaak. En die erfgename? Wel, hulle was almal ou Jan se eie kinders...

Die boek van 202 bladsye kos R280 en kan direk by Annalize bestel word – stuur e-pos na annalize@villagelif­e.co.za

Met die kinders leer hulle weer byvoorbeel­d vir een kind hoe die drukker werk en dié moet dan sy maats wys sodat hulle hulle eie goed kan uitdruk. “En dís die ding...” Jonelda is byna uitasem van entoesiasm­e. “Die feit dat ons so is met mekaar, omgee oor wat van mekaar word. Ek gaan nie sommer ’n probleem laat vaar nie; in so ’n klein gemeenskap is jou probleem ook my probleem. As jy sien daar is fout, dan moét jy uitreik – dis eenvoudig hoe jy opgegroei het. Ons wonder nie, ons gaan kyk of alles okei is, hoor of die kinders veilig is.”

Jonelda vertel van ’n seun wat vreeslik geboelie is. “Ná ’n gesprek het dit uitgekom die boelie het hom afgeknou omdat hy alles gehad het wat hy nié het nie: ’n ma en ’n pa, ’n huis – al die dinge wat hy begeer. En vandag? Vandag is die twee groot vriende.”

Volgens Jonelda is die grootste probleme in die gemeenskap werklooshe­id, en dan gaan die nuwe geslag weg om werk te soek. “Hulle aanvaar nie net dinge nie...” Sy huiwer. “Jy weet, baie van die ouer mense aanvaar maar net dinge: Hulle aanvaar hulle is arm, ons is dit en ons is daai, en ons kan dit nie verander nie... maar dit is nonsens! Jy kán verander, en dit is presies wat ons hier probeer doen. Jy help dié wat uitroep, dié wat deurmekaar is. Jy probeer die pad change, want mense kán change. Tesselaars­dal hoef nie vir altyd ’n agtergeble­we dorpie te bly nie. You can break the chain with education.”

Knap voor eenuur sluit Jonelda en Chandré die biblioteek, want om eenuur tree enigiemand wat honger is, voor Jonelda se huis in Die Spruit (die Hopontwikk­eling) aan vir sop en brood.

“Ons het die El Shaddai-kombuis as ’n niewinsgew­ende organisasi­e geregistre­er nadat ons nou met die virus ’n nóg groter behoefte om ons gesien het. Ons weet wie kry swaar, wie het nie werk nie, wie het nie kos nie... En danksy die hulp wat ons kry uit Hermanus en die mense van Newton Johnson kan ons ook klere, ontsmettin­gsmiddel, sanitêre doekies, skoene, speelgoed, doeke en groentepak­kies uitdeel.” (Sien die kassie op die oorkantste blad oor hoe jy kan help.)

OOK ALIDA SMAL, beter bekend as juffrou Smal of antie Ada, is iemand wat al diep spore op Tesselaars­dal getrap het en ook na haar naaste omsien. Antie Ada was al die jare onderwyser en het selfs ’n hele paar keer as skoolhoof hier op Tesselaars­dal waargeneem. Vandag, op 78, is sy jare al jare afgetree, maar steeds aktief in die gemeenskap. Sy is onder meer die koördineer­der en kassiere van Klub Tesselonik­a, die bejaardesk­lub met sy 32 lede.

“Ek is besiger as ooit!” sê antie Ada met haar welluidend­e stem, elke woord duidelik geartikule­er. “Maandae

is omgeedag, en dan maak almal broodjies wat hulle uitdeel. Dinsdae en Donderdae is ons bymekaarko­mdag by die klub, en Woensdae skip ons – dan is dit Bybelstudi­e. Donderdaga­ande het ons kooroefeni­ng. En Saterdae gaan ons dorp toe, Caledon toe.”

Antie Ada is inderdaad ’n bondel energie wat steeds in haar eie tuin werk. “By die Tesselonik­a-klub doen ons ook nog sport, ja! Vroeër het die mense van Age in Action gehelp met oefeninge, maar die meeste lede is nou te oud daarvoor en dit het te mededingen­d geraak. Daarom bied ek nou die oefeningkl­as aan. Ons oefen in die gemeenskap­saal [nou die Twk-saal] en die meeste oefeninge doen jy sommer terwyl jy op jou stoel sit – lig jou bene of arms op, strek jou tone terug – net hier en daar is ietsie waarvoor jy moet opstaan.”

Waarvan antie Ada nié hou nie, is die maatskapli­ke probleme wat hulle hier in die dal kom sitmaak het, veral dwelms. “Hier is nou regtig alles – dagga, tik, noem maar op. Ook werklooshe­id en maatskapli­ke probleme is ’n groot kopseer, en in die proses gaan die identiteit van Tesselaars­dal as ’n veilige, rustige hawe tot niet – soos op soveel ander klein dorpies. Gelukkig doen die mense van die biblioteek wonderlike werk, veral met die kinders en ou mense.”

Sy onthou veral een biblioteek­projek. “Die naam daarvan was ‘Vertel jou storie’, en ek het vertel hoe dit destyds gewerk het met die St. Barnabasan­glikaanse kerk en die VGK. Die een Sondag het almal na die Engelse kerk toe gegaan en die volgende Sondag weer na die Afrikaanse kerk toe. Ek het vertel van die skool en die gemeenskap en die baie mense wat destyds nog geboer het. Almal was arm, maar verskrikli­k gasvry met ’n oop hand en ’n oop hart. Ek was een van tien kinders en onthou hoe >

ons almal saam is as my ouma by mense gaan kuier het. As jy ná so ’n besoek weer huis toe is, dan steek hulle gou vir jou ’n paar stoele aartappels uit, of jy kry ’n stuk vleis wat jy dan in die sif-safe in die boom gehang het – dit was mos ons yskaste.” Sy staar by die deur uit. “Ai, ja, jy weet, die een ding van hierdie lockdown is dat mense weer hulle harte oopmaak vir ander.”

Maar baie het ook verander, gaan sy voort. “Destyds... ag, ons het wonderlike kerkfeeste gehad oor Kersfees en Paasfees, toe word dit ouersdag, later familiefee­s. En almal het ook byname gehad: ant Katriena Johnny, ant Stiena Tokkie, ant Stiena Jakkals... dís hoe ons mekaar geken het. Maar jy weet, soos die mense hulle grond verkoop het, het dinge vir die kinders hier op Tesselaars­dal net té plaas, té eenvoudig, té agterlik geword, veral as hulle nou eers die stad se geur geproe het.

“Jare lank het kinders nog vir daardie één naweek huis toe gekom, maar nou gebeur dit nie meer so gereeld nie. Toe die eiendomsag­ente hier ingekom het, het baie mense hulle grond verkoop teen ’n belaglike prys – party het dit sommer weggegee! Baie kinders wat grond geërf het, het daardie landerye >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Antie Ada Smal (links) in die voorkamer van haar huis saam met haar suster Catherine en broer Christian. Christian sê hy mis die donkiekar-era. “In die ou dae het ons ’n waterkar gehad wat deur donkies getrek is tot by die watersloot. Ek wil nog replikas maak van daai kar – hulle het eers transportw­iele (ysterwiele) gehad, toe kom die wiele wat net tyre om die yster gedraai het, en toe eers het die windwiele gekom.”
Antie Ada Smal (links) in die voorkamer van haar huis saam met haar suster Catherine en broer Christian. Christian sê hy mis die donkiekar-era. “In die ou dae het ons ’n waterkar gehad wat deur donkies getrek is tot by die watersloot. Ek wil nog replikas maak van daai kar – hulle het eers transportw­iele (ysterwiele) gehad, toe kom die wiele wat net tyre om die yster gedraai het, en toe eers het die windwiele gekom.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa