Weg! Ry & Sleep

JACO GESELS

2014 lê in die truspieëls en 2015 wink

-

Om ’n ou jaar agter te laat en ’n nuwe een tegemoet te gaan, is amper soos daai rukkie net voordat jy wegtrek op ’n nuwe en opwindende reis: Jy weet voor jou heilige siel dat daar terugslae en probleme langs die pad gaan wees, maar jy weet ook dat jy lekker dinge gaan ervaar en nuwe, pragtige dinge gaan sien en beleef.

Ek weet nie van jou nie, maar vir my is die beplanning en die begin van die reis amper die lekkerste deel. Dis die belofte van dit wat voorlê en die aansteekli­ke opwinding in die groep wat tot hierdie gevoel bydra.

In daai vroeë stadium van ’n reis het niemand in die groep nog ’n pap wiel gekry, vasgesit of hulle rygoed liggies seergemaak nie (wys my die ou wat glad nie omgee oor ’n skraap of klein duik in sy ryding nie, en ek wys jou ’n leuenaar).

Hierdie uitgawe gaan jou help om ’n nabetragti­ng oor 2014 te hou, maar ook ’n paar lekker reise vir 2015 te beplan.

Wat eersgenoem­de betref, gee ons jou vandeesmaa­nd die jaarlikse 4x4 van die Jaar-toekenning­s, van sagte veldryers tot hardebaard-ekspedisie­voertuie – en alles tussenin. Nes met verlede maand se veelterrei­nband-uitkloptoe­ts, gaan die mense weer lekker saampraat (goed, in baie gevalle stry) oor ons keuses, maar dis ons eerlike opinie nadat ons die afgelope jaar ál hierdie voertuie gery het – en dit in ’n kombinasie van pad- en wisselende veldrytoes­tande.

Wat 2015 betref, het ons ’n omvattende lys van doendinge en bestemming­s wat baie handig te pas gaan kom as jy wil weet watter plekke om vanjaar te besoek. Daar is alles – van wilde kampplekke (en met “wild” bedoel ons nie waar die mense Jägermeist­er soos koeldrank drink en strip

poker speel nie), plekke waar jy pragtige foto’s kan neem, en ook ’n paar minder bekende bergpasse. En as jy na 90% van hierdie voorstelle kyk en dink “nou waar de hel is dit?”, het ons in ons doel geslaag.

Wat kos betref, is daar ook ’n nuwe gesig. Lise Beyers behartig vorentoe ons Boskos. Ek twyfel of sy weet hoe om roompoffer­tjies te maak, maar daar is min mense wat haar iets van vleis kan leer. Nie net jag en slag sy haar eie wildsvleis nie, maar sy het op 1 Januarie 2014 begin om elke dag, vir ’n jaar lank, kos op die vuur te maak. Ja, dis reg, elke liewe dag. Hoewel dit meestal die een of ander vorm van vleis was, het dit ook brode, potjies en ’n magdom ander goed ingesluit – net solank dit op die vuur gemaak is. Kan daar énige beter getuigskri­f wees vir ’n WegRy- koskenner?

Willem van den Berg het ook vir ons ’n uitstekend­e artikel oor die Speedweek op Hakskeenpa­n geskryf. Dié mense se avontuurlu­s, en natuurlik die feit dat dit ’n hele span mense was wat lustig kampeer het, beteken dat ons lesers die storie gaan geniet, selfs al was dit nie noodwendig ’n eksklusiew­e 4x4-byeenkoms nie.

Wel, daar het julle dit – 2015 lê oop voor ons soos ’n amper oneindige grondpad. Ons weet die eerste stuk is reguit en lyk redelik goed. Maar nie een van ons weet hoe dit na die eerste draai of ’n ent verder gaan lyk nie. Maar dis mos hoekom ons hierdie reise onderneem, of hoe?

Goed, maak vas die sitplekgor­dels en hou vas. Hier gaat ons.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa