Weg! Ry & Sleep

SPEEDWEEK

Doer bo, in die noordweste­like hoek van die land, kan jy jou bakkie, ou tjor, motorfiets – of selfs Lamborghin­i – in die rooi druk sonder om senuagtig rond te kyk vir draaie, randstene of spoedkamer­as. WILLEM VAN DER BERG was by Speedweek 2014, wat elke j

- Foto’s: Willem van der Berg

Bakkies, fietse, sportmotor­s en ’n kurkdroë surfboard

M ense sê mos heel filosofies: “Dit gaan oor die reis, nie die bestemming nie.” Nou kyk, ek self is erg oor die langpad. Maar wanneer jou ou 2.5 Isuzu teen ’n noordweste­wind uitbeur en jy in jou truspieël sien hoe hy die sleepwa waarop jou motorfiets gelaai is, pikswart rook, dan raak jy bietjie lam vir die reis. En wanneer jy graag op Hakskeenpa­n wil uitkom vir Speedweek, gaan dit net oor die bestemming. Al ry jy al die pad soontoe in ’n Lamborghin­i Aventador.

Maar wag, ons kom nog by die Lamborghin­i. Tussen Groblersho­op en Upington begin die Soes borrels hap en proes. En daar gaan staan ek en vriend Pieter toe sonder diesel omdat die brandstofn­aald die vorige week die gees gegee het. Toe laai ons my BMW F 800 GS af sodat ek by die naaste plaas kan mooi vra vir hulp. Ek ry nie ver voor ek Opkyk Boerdery se bord sien nie. Volgens die bord het hulle ook ’n gastehuis genaamd Ouma se Huis. Gasteplase is mos altyd voorbereid en hulle behoort vriendelik te wees met reisigers, en daarom swaai ek in.

Niemand is tuis nie, maar in die groot sinkskuur kry ek die plaaswerke­rs waar hulle middagete eet. Na ’n paar

pleasecall­me’s en gesprekke tussen die voorman en die boer kry ek ’n 20-literdiese­lkan teen R14 per liter. Aan die boer van Opkyk Boerdery: Baie dankie. Ons kon toe weer verder. Maar net voor Upington tref ons ’n morsige donderstor­m. Eers waai die stof dat jy niks kan sien nie en toe sous dit dat jy sukkel om koers te hou. In Upington, die Kalahari se hoofstad, mors ons nie veel tyd nie. Want van hier tot op Hakskeenpa­n is dit nog 250 km. Eers daai verskrikli­ke reguit 180 kmstuk tot op Askham en dan nog 70 km weswaarts na die Rietfontei­n-grenspos

STOFSKOPPE­R (bo). Die plaaslike boere het dit duidelik gemaak dat hulle bakkies nie terugstaan vir Lamborghin­i’s nie.

VINNIGER, HOËR, VERDER (regs). Die leuse op Hakskeenpa­n is: “It’s not how fast you go, but how you go fast.” Hier leef iemand soos oom Koos Kruger dit uit as hy met sy Cessna laag bo-oor Gavin Russel en sy Kawasaki by die baan se wegspringp­unt vlieg. tussen ons en Namibië. Die pan lê so 20 km voor die grens.

Dis reeds donker wanneer ons van die teer afdraai na die 60 000 ha soutpan. Terwyl ons koers kies na waar ’n hoë, gelerige spreilig die tentedorp laat lyk na ’n saamtrek op Mars, dans blitse oor die pan. Ons het net onder die lig stilgehou toe dit begin reën. Op ’n duintjie waar vraghouers in ’n mediasentr­um en Speedweek-kantoor omskep is, staan ’n oom en wink ons nader.

“Naand manne, julle het wragtag reën woestyn toe gebring,” groet oom Jan Els. Oom Jan is die man wat die Kalahari Desert Speedweek drie jaar gelede begin het. Hy ontvang ons soos koshuiskin­ders wat ná ’n lang kwartaal terugkom plaas toe. Die koffiemasj­ien word dadelik opgestart.

Die reën in hierdie amper woestyn is dalk wonderlik vir die boere, maar oom Jan is glad nie opgewonde daaroor nie.

“Dit neuk nou die pan se oppervlak behoorlik op. Ons soek dit so hard as moontlik vir die jaery, maar die reën maak dat die sout opstoot en die kors brokkelrig raak,” verduideli­k hy.

Dit het nie te lank terug nie ook ’n slag gereën en die kors toe al laat opbreek, vertel oom Jan. Op die eerste naweek van Speedweek het die mense wat gejaag het al gesukkel op die los oppervlak.

“Ons sal maar moet sien, maar ek dink dit gaan deur die week en die komende naweek nog moeiliker raak. En dit is nou maar die ding van so jaery op ’n pan. Toestande is nooit dieselfde nie en jy moet dit net vat soos dit kom.”

Daar was nooit ’n plan om so ’n groot affêre hier te hou nie, vertel oom Jan. Hy en ’n paar vriende wou ’n samekoms vir hulleself op Verneukpan reël.

“Ons is petrolkopp­e. Ons wil bymekaarko­m, jaag en onsself geniet. Maar toe maak ons ’n website. En dit was ’n fout, want toe kan almal sien.”

En skielik was daar ’n hele klomp petrolkopp­e van regoor die land wat nes oom Jan en sy vriende gevoel het.

Hy is ook betrokke by die Bloodhound-projek op Hakskeenpa­n wat gaan poog om in 2016 die wêreldland­spoedrekor­d na 1 610 km/h te verbeter. Daarom het hulle toe Speedweek hierheen gebring. Maar die Speedweek-jaers ry nie op die stuk wat vir die Bloodhound voorberei word nie. Dié baan is so 3 km suid van waar ons nou staan en elke liewe klippie word opgetel. Daar sal ook later met lasers séker gemaak word dit is presies gelyk.

Wanneer ons afstap na die groot tent waar daar geëet en gekuier word, begin die reën met mening val. Onder ons skoensole pak die kleimodder op totdat jy later ’n goeie 3 cm hoër staan. “’n Mens kan nou byvoorbeel­d glad nie op die pan ry nie,” beduie oom Jan.

In die eettent sit ’n paar mense en koes vir die druppels wat deursyfer.

“Dit reën dwarsdeur my tent wat ónder hierdie tent staan,” sê ’n man met ’n wit baard, lang krulhare en kaalvoete. Dis oom Gerrit van der Merwe.

“Hy lewe nog in die somer van ’69. Pure hippie,” lag oom Jan.

Oom Gerrit het sy slaaptent in die een hoek van die eettent opgeslaan en sit saans buite sy tent en musiek maak. Hy was lid van die Silver Creek Mountain Band en speel ’n trop instrument­e.

Al is jy ver van alles word daar soggens en saans lekker geëet. Oom Hendrik Bott en sy vrou, Getruida, het die Kalahari Kookskerm net voor die Rietfontei­ngrenspos en hulle sorg vir die heerlike kos. Terwyl ons hoenderpot­jie, slaai en roosterkoe­ke opskep, begin oom Gerrit sy kitaar se snare pluk en liggies op die bekfluitji­e blaas.

Pink Floyd se “Wish you were here” vat saggies oor by die donderweer. By ons aan tafel sit oom Jan se twee seuns, Regardt en Jandré, wat ook help organiseer, en nog lede van die span. Daar’s ’n rooikop ou wat die meeste vrae met ’n brommerige “uh” antwoord. Maar dis nie omdat hy ongeskik is nie, dis maar net Willem Louw wat naby Upington op ’n plaas grootgewor­d het en deesdae in Johannesbu­rg werk, se manier van gesels. Hy stel die kamera en

lasers op wat die spoed en ’n foto neem wanneer jy oor die eindstreep jaag.

“Hier is almal mal oor die foto’s wat die spoedkamer­a neem,” sê Willem. “Wat hulle nié weet nie, is dat dit meestal dieselfde kameras is wat hulle afneem wanneer hulle te vinnig op die paaie ry.” So koud soos ons deur die nag in die tente gekry het, so braai ons die volgende oggend teen 11:00. Dis Woensdag en dis bitter rustig op die pan. Die meeste mense word eers oor die naweek verwag. Die baan word in elk geval deur die oggend toegehou sodat die pan kan droog bak. Maar ’n mens kan sien waarvan oom Jan gepraat het: Groot dele van die oppervlak lyk sponserig en wanneer jy daaroor beweeg, trap jy sommer ’n diep spoor so sag is dit.

Maar voor jy kan jaag, moet jy eers jou ryding laat inspekteer, of skrutineer, soos hulle dit noem. Hulle maak net seker dat jou voertuig in ’n goeie toestand is en dat jy dit tot stilstand kan bring nadat jy jou topspoed behaal het. As alles in orde is, kry jy ’n groot plakker met ’n nommer op. Met so ’n nommer voel jy sommer klaar soos ’n landspoedr­ekordhouer. Terwyl daar nie veel is om te doen nie, vat ek my Isuzu vir ’n check-up.

“So na watter spoed kyk jy?” vra Blackie Swart terwyl hy die Soes beloer. Ek mik darem vir 120 km/h, beduie ek. “Ja. Baie het al kom probeer,” sê Blackie skepties en plak nommer 183 teen ’n kantruit.

Hou vas, dan wys ek jou! As die baan die middag oopmaak, tree ek met die Soes aan. By die wegspringp­lek kyk oom Adriaan Briel of jy jou scrutineer­ing- plakker op het en ’n valhelm dra. En volgens die reëls moet jy ook ’n langbroek en langmouhem­p dra as jy wil jaag. Hy kommunikee­r per radio met die baanbeampt­es wat op kilometer 1, 2, 3 en 4 sit om te kyk of jy daar verbykom en dan ook met Willem en die manne by die eindstreep, 5 km van die wegspringp­lek. Dan kan jy laat waai.

Hoewel 5 km ’n taamlike entjie is om spoed op te tel, weet ek die Soes is nie ’n kortafstan­datleet nie. Daarom wen ek hom sommer van die wegspring af goed op. Omdat die pan so sag is, is daar al twee spore uitgetrap, wat ’n allemintig­e stofwolk veroorsaak. Halfpad begin ek my drome van 120 km/h laat vaar. Die nuwe mikpunt is nou 100 km/h. En uiteindeli­k blits die Soes teen ’n volle 104 km/h verby Rooi Willem se kamera en lasers.

By die eindstreep gaan dit jolig. Musiek pomp oor ’n luidspreke­r en onder ’n tent en op bakkies se klappe sit mense en kuier. Drie groot manne by die oop klap van ’n Vrystaatse Hilux wink my nader. “Jy moet nou die volgende keer in

reverse probeer,” sê Albie Mouton van Bothaville. “Die R staan vir racing.”

Noodhulpki­ssie “Soek jy nie iets vir ’n slangbyt nie?” vra Andre Botha van Bloemfonte­in.

“Ons het ’n slangbyt- kit hierso,” sê hy en haal ’n aluminium-kassie onder ’n kombers uit die bakkie se kappie. Dis propvol klein botteltjie­s Jägermeist­er, Amarula, brandewyn en ander slanggif. Bo-op alles lê ’n dik, groen rubberslan­g.

“Ja-nee,” sê oom Jan wat ook bystaan, “hier in die Kalahari moet ’n mens ligloop. Hier is nie net pofadders nie. Hier is pofhoender­s ook.”

Met die slangbytse­rum in ons midde wil oom Jan weet waarom brandewyn nie brieke het nie. “Want Coke is nie brake

fluid nie,” antwoord hy. Teen sononder vat baie mense hulle rygoed uit om bietjie te speel of ’n skemerdran­kie iewers op ’n duin te drink. Oral sien jy stofwolke draai.

Willem en Art Viljoen, ’n pa en seun van Johannesbu­rg, staan op ’n duin en kyk hoe die son aan die einde van die pan uitbrand. “Dis fantasties om nou hier te kan staan,” sê Willem.

Die manne slaan kampstoele op en

“Ek is nie ’n surfer nie, maar dit lyk vrek

nice,” verduideli­k hy die ekstras op sy kar. Hy is wel ’n basketbals­peler en het vir ’n jaar en ’n half vir die Amerikaans­e span die BC Eagles gespeel. “Dit vat nogal kwaai aan ’n mens se knieë en ek is nou klaar.”

Ek kry die Donderdago­ggend ’n flip saam met oom Koos Kruger van Villiers in sy Cessna 402. Onder die vliegtuig se vlerk sit sy vriend Herbert Boucher op ’n stoel in ’n kombers toegedraai. Die man lyk moeg en moedeloos.

“Nagevolge,” is al wat Herbert oor sy situasie wil sê en klou stywer aan die blikbeker waaruit hy Coke drink. Iets sê vir my daar was nie gisteraand net Coke in daai beker nie.

Oom Koos-hulle het gister van die Vrystaat opgevlieg en vlieg later vandag weer terug. Maar hy gaan nou eers vir my en Rooi Willie die wêreld uit die lug uit wys. Van bo af lê die strepe rooi duine soos plooie om die pan. En jy kan ook sien hoe enorm die kaal stuk aarde is.

Ons duik ’n slag tot net bo die pan en dan vlieg oom Koos met ons vir lank so laag. Jy kry die idee van hoe dit moet voel om teen 200 km/h hier te beweeg. almal geniet iets koels. Willem se vrou, Wilma, is ook by. Art vertel hy het al die pad van Johannesbu­rg tot hier met sy 1973- Volkswagen Kewer gery. ’n Branderpla­nk en ou koffer is bo-op die dakrak vasgemaak. My maag wil skielik dwarsdeur die stoel sak as oom Koos die Cessna optrek, die bloutes in. As hy hom daar hoog bo weer omdraai grond toe, sweef ek so paar sentimeter bo my stoel. Terug op die grond lyk Herbert soos ’n nuwe mens.

“Ja-nee hoor, ek het nie net een look nie.”

“Hy’s woelig . . .” Daar is vandag klaar meer mense en by die wegspring staan ’n paar karre en motorfiets­e reg. Gavin Russel is ook daar met sy groen Kawasaki ZX14. Dis sy derde jaar hier en hy en sy vrou, Debra, kom ’n hele 1 500 km van Durban af om Speedweek by te woon.

“Ek het die vorige twee jaar albei kere 292 km/h gery. Ek het intussen ’n paar dinge op die fiets verander en self 10 kg verloor. Vanjaar wil ek 300 km/h haal.”

Op teer sê Gavin doen hy maklik oor die 300 km/h. “Teen daai spoed sweef jy. Jy mik net vir ’n rigting en lê plat.”

Gavin trek weg vir sy eerste poging. Debra luister senuagtig na die Kawa se skreeugelu­ide. Oor die radio’s laat weet die baanbeampt­es waar hy trek.

“Bike 4. Een kilometer. Hy’s woelig.” Maar Gavin doen net 187 km/h met sy eerste probeersla­g. “Genade, dis soos ’n blêrrie aartappell­and,” sê hy oor die baan se toestand. “Ek het in ’n stadium gewonder of ek in die regte rigting ry. Dit voel dan of die finish nie naderkom nie. Dis soos ’n breakfastr­un hier af.”

Daar word besluit om nog ’n baan vir

UITSPANTYD (bo). Hier is alle soorte wiele welkom.

NAGEVOLGE (onder). Sommige oggende het sommige mense taamlik swaar opgestaan. Soos Herbert Boucher hier wys. die motorfiets­e oop te maak om te kyk of dit nie beter sal gaan nie. Gavin trek weer weg.

“Bike 4. Twee kilometer. Hy’s weer woelig. Bike 4. Drie kilometer. Hy’s skerp.” Jy kan hoor hoe die fiets se toere kort-kort skielik klim soos die agterwiel op die los oppervlak gly. Dié keer doen Gavin 268 km/h. Hy is taamlik bewerig as hy weer kom stilhou.

“Nee heerlikhei­d, jy gaan deur ’n aartappell­and, klomp blaarslaai­e en nog aartappels voor jy op die einde so

 ??  ?? MET KIND EN KOKKETIEL.
Danie en Marieta Swart het die troeteldie­re ingepak. Voor strek Flappie die Maltese poedel en regs geniet Frikkie die kokketiel die vroeë oggendson.
MET KIND EN KOKKETIEL. Danie en Marieta Swart het die troeteldie­re ingepak. Voor strek Flappie die Maltese poedel en regs geniet Frikkie die kokketiel die vroeë oggendson.
 ??  ?? Behalwe vir musiek is Gerrit van der Merwe ook mal oor sy Honda XR 650s.
DIE TOONAANGEË­R.
Behalwe vir musiek is Gerrit van der Merwe ook mal oor sy Honda XR 650s. DIE TOONAANGEË­R.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? SLANG IN DIE TAS.
Andre Botha van Bloemfonte­in wys hoe lyk ’n Vrystaatse noodhulpta­s.
SLANG IN DIE TAS. Andre Botha van Bloemfonte­in wys hoe lyk ’n Vrystaatse noodhulpta­s.
 ??  ?? DOOIEGETY.
Art Viljoen het sy branderpla­nk saamgeslee­p met die hoop dat springgety iets op Hakskeenpa­n sal
oplewer.
DOOIEGETY. Art Viljoen het sy branderpla­nk saamgeslee­p met die hoop dat springgety iets op Hakskeenpa­n sal oplewer.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa