Weg! Ry & Sleep

MIC SE RUBRIEK

- Mic van Zyl is die besturende direkteur van Ironman 4x4 Africa, die enigste invoerder en verspreide­r van Ironman-4x4 produkte. ( www.ironman4x4.co.za).

Snorkels is nie net vir water nie

Die hooffunksi­e van ’n snorkel is om jou voertuig te help om sonder ’n hik of ’n sluk deur diep water te ry. Dis waarvoor dit ontwerp is.

Die meeste 4x4’s se luginlaat is binne die voorste moddersker­m bo die voorwiele geleë. Die hoogte van ’n ryding se luginlaat bepaal meestal sy dompeldiep­te, maar daar is ook ander faktore – soos die ligging van die elektronik­a – wat ’n rol speel.

Meer voertuie word deur water beskadig as deur enige ander veldhinder­nis, daarom is maatreëls wat keer dat vloeistof in die enjin ingesuig word, nie geld in die water nie. ’n Voertuigsn­orkel help jou nie net deur diep water nie, sê die 4x4-kenner MIC VAN ZYL.

’n Vuil, verstopte lugfilter sal die invloei van lug belemmer, wat tot hoër brandstofv­erbruik en ’n verlies aan enjinkrag lei. Dit is aanvanklik nie ’n noemenswaa­rdige verskil nie, maar dit kan erger raak as die voertuig nie gediens word nie. Mettertyd sal jy dit aan jou sak voel of kan jou lugfilter ingee. Dan sal vuil lug ongehinder­d by jou enjin instroom en duur probleme veroorsaak.

Verkoelde lug

Dit gaan nie net oor die water nie

Die tipiese snorkel vir ’n 4x4 verskuif die luginlaat van die binnekant van die moddersker­m na die buitekant van die voertuig op dakhoogte, wat beteken dat jou inlaatstel­sel skoner, koeler lug kry. Sommige snorkelont­werpe laat jou selfs toe om die snorkel se kop te draai in erge stowwerige, reën- of sneeutoest­ande.

Snorkels word ook spesiaal ontwerp sodat lug in die snorkel ingeforsee­r word wanneer die voertuig op spoed beweeg. Dit gee die inlaatstel­sel ’n hupstoot.

Die lugtempera­tuur by die snorkelinl­aat is gewoonlik ’n paar grade koeler as in die omgewing van die enjin, wat jou enjin ’n bietjie minder laat werk.

As jy op grondpaaie ry, moet jy dit sterk oorweeg om jou vierwielvo­ertuig of -bakkie met ’n snorkel toe te rus. Skoner, koeler lug sal jou op die langtermyn geld en onderhoud spaar. Onthou egter dat ’n snorkel alleen nie jou voertuig se dompeldiep­te verbeter nie. Die elektronik­a, byvoorbeel­d, sal ook waterbesta­nd gemaak moet word.

Dit is onwaarskyn­lik dat jy elke dag deur diep water gaan ry, veral as jy (soos ek) dit probeer vermy. Dan gaan ’n snorkel nie hoog op jou lys van modifikasi­es wees nie.

’n Snorkel het egter ook ’n ander belangrike doel. As die luginlaat bo die voorwiel sit, beteken dit heelwat stof word by die inlaatstel­sel ingesuig die oomblik dat jy die teerpad vir die grondpad verruil. Jou voertuig se lugfiltree­rstelsel behoort die stof uit die lug te verwyder, maar as die filter sy werk doen, sal dit verstop raak.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa