Weg! Ry & Sleep

Die beste rygoed in elke klas

Dis weer die tyd van die jaar wanneer ons kyk watter voertuie die afgelope jaar kop en skouers bo hulle mededinger­s uitgestaan het. FERDI DE VOS en JACO KIRSTEN verduideli­k die keuses.

-

Dis die derde jaar dat WegRy ’n lys van sy 4x4-Voertuie van die Jaar publiseer. Waar gewone motortyd-skrifte klem lê op goed soos teer-padhanteri­ng, voorkoms en gerief op paaie, stel WegRy- lesers eerder belang in praktiese kenmerke soos veldgedrag en -ryvermoë.

Ons vergelyk ook soort met soort, en lê meer klem op hulle gebruik en vermoëns waar die teerpad eindig, want baie sogenaamde veldryers, veral die meer weelderige waens, sal jy nie sommer anderkant Beitbrug teëkom nie.

Ook neem ons alle rygoed wat plaaslik te koop is in ag en nie net modelle wat die afgelope jaar bekend gestel is nie. En soos verlede jaar, is die wenners modelspesi­fiek. Onthou egter ook dat ons elke ryding op sy eie meriete beoordeel, sonder om te kyk na dinge soos nasorgdien­s, waarborge en versiening­splanne. Ja, ons weet dit speel ’n rol in die koopbeslui­t, maar met dié toekenning­s kyk ons na die voertuie self – en hoe goed hulle hulleself kwyt van die take waarvoor hulle bedoel is.

Dis egter soos top-rugbyspann­e: Almal is goed, maar eindelik kan daar net een wenner wees, dis klein dingetjies wat die verskil maak.

Ons hoop jy geniet dit en stry lekker om die vakansiebr­aaivure daaroor. En as jy nie saamstem nie, laat weet ons asseblief. Maar onthou, ons het elkeen van dié voertuie bestuur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa