Weg! Ry & Sleep

Draai die volumeknop oop

“The road is lo-o-ong,” sing The Hollies. Met dié liedjies maak die WegRy- redaksie die langpad korter.

-

Jaco Kirsten

“Running on Empty” deur Jackson Browne ( RunningonE­mpty, 1977) Enige album met ’n omslagfoto van die langpad het ’n onregverdi­ge voorsprong. RunningonE­mpty is in 1977 uitgereik en wanneer Browne met die titelsnit lostrek, besef jy dadelik hoe geskik dit is.

Looking out at the road rushing under my wheels Looking back at the years gone by like so many summer fields

Gerda Engelbrech­t

“Mamma Mia” deur Abba ( AbbaGold

GreatestHi­ts, 2014) Ek kan nou al sien hoe my manlike kollegas hulle oë rol en vir my sê ek moet opbutch, maar daar is níks beter op die langpad as Abba-musiek nie. Stry? Op ’n vakansie in Griekeland het ek op die eiland Skoppelos, waar die fliek

MammaMia geskiet is, in ’n huurkarret­jie rondgerits met dié album in die speler en met die volumeknop óópgedraai. Ek het my selfs verbeel ek is Meryl Streep. Ja, dis cheesy, maar bôgger die mans. Hulle kan maar na Rammstein luister.

Charles Thompson

“Binneland in” deur Gian Groen ( Dekade

seBallades, 2013) Hierdie is nie ’n liedjie óór die langpad nie, maar beslis vír die langpad. Dis ’n storie van ’n impulsiewe liefde wat skeefloop. ’n Valie ontmoet ’n Kapenaar en vat haar saam binneland toe. Eers gaan dit goed, maar dinge ontaard:

Toe start ek my trokkie en gryp jou aan jouro kkie Daar’s g’n tyd vir goeters pak Jy’t gesê jy sit voor maar ek wil niks hoor toe laai ek jou op die bak

Jy lag so lekker vir die storie dat jy sommer van die kilometers vergeet.

Kay-Ann van Rooyen

“Three Little Birds” deur Bob Marley & The Wailers ( Exodus, 1977)

Daar’s net iets omtrent reggae met sy tussenslag-ritme wat amper dadelik die spierknope tussen my skouerblaa­ie losmaak. Bob Marley het dit reggekry om met ’n rustige aanslag ernstige kwessies met sy lirieke aan te spreek, maar die eenvoudige “Three Little Birds” met sy herhalende refrein het net dié boodskap: Moenie worry nie; als sal regkom. As die langpad voor jou lê, luister na Bob wat sing: “Don’t worry ’bout a thing, ’cause every little thing gonna be all right.”

Gerrie van Eeden

“Zero Sum” deur Our wild America ( OurWild

America, 2014) Our Wild America is ’n nuwe groep uit die VSA wat ek teëgekom het in ’n YouTube-video oor King of Hammers (as jy nie weet wat King of Hammers is nie, gaan kyk – dis veldry in die oortreffen­de trap!). Ek geniet veral die lirieke: “My car ain’t built for these roads, my heart ain’t made for this load.” Grondpad toe, pappie!

Evan Naudé

“Knocked up” deur Kings of Leon ( Because

oftheTimes, 2007) Ek het hierdie liedjie ’n paar jaar gelede teëgekom en dadelik gedink dis perfek vir ’n road

trip. Dis lekker agtergrond­musiek om jou gedagtes te laat gaan wanneer ’n lang stuk pad voor jou uitstrek en die landskap verbydryf.

Robin Verhoog

“Give it away” deur Red Hot Chili Peppers ( BloodSugar­Sex

Magik, 1991) Dis ’n lekker energieke langpadlie­d. Wanneer ek agter die stuur sit en dít hoor, voel dit asof selfs Lewis Hamilton my nie sal kan vang nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa