Weg! Ry & Sleep

WAAR IS WINDHOEK SE PERDERUITE­R-MONUMENT?

- JÜRGEN HÖNTSCH, Durbanvill­e

Ek het die leserstori­e “Geologie en ’n hand vol stories” in WegRy #64 geskryf en het kortliks verduideli­k waarom ons oorspronkl­ik beplande reis na Namibië nie gerealisee­r het nie. Ongelukkig het ’n deel uitgeval. Hier volg dit:

Namibië is ’n puik land om in te toer. Dit het wonderlike landskappe en mense, ’n aangename klimaat en goeie padnetwerk en dit is nog bekostigaa­r. Daar was ook ’n paar dinge waarby ons tydens ’n besoek in 2011 nie uitgekom het nie, wat net nog ’n goeie rede was om weer noord te ry.

Onlangse politieke verwikkeli­nge in Namibië het ons egter van plan laat verander. Toe die Namibiese owerhede Lüderitz se naam verander het na iets wat ’n mens nie kan uitspreek nie, en so ook die naam van die Caprivistr­ook, het dit die wenkbroue laat lig. Toe die geliefde Perderuite­r-monument in Windhoek, algemeen bekend as die “Reiterdenk­mal” of “Südwester Reiter”, egter onkonstitu­tioneel gedeprokla­meer en verwyder word onder polisiebes­kerming, het dit ons afgesit van die geliefde land. Daarom het ons besluit om eerder Ooswaarts te keer.

Die Perderuite­r-standbeeld is privaat gefinansie­r en ontwerp deur die Berlynse beeldhouer Adolf Kürle. Die standbeeld was 4,5 m hoog en van brons gemaak. Dit is in Berlyn gemaak en in 1911 per skip vervoer na die Duitse Suidwes-Afrika. Nadat dit in Swakopmund aangekom het, is dit per trein na Windhoek vervoer. Die beeld se voetstuk was 5 m hoog en het bestaan uit 180 granietblo­kke uit Okahandja. Die monument is op 27 Januarie 1912 onthul, op die verjaardag van die Duitse keiser Wilhelm II, en eer die soldate en burgerlike­s wat aan die Duitse kant van die Herero- en Nama-oorlog van 1904-1907 sowel as in die Kalahari Ekspedisie van 1908 gesterf het. Die monument het nooit ’n politieke belang gehad nie.

Die verklaring dat die monument sy historiese waarde verloor het, kan nie net so aanvaar word nie. Geskiedeni­s het altyd ’n pynlike element, wat nie net eenkant toe geskuif kan word nie, selfs al word daar gepoog om die geskiedeni­s te herskryf uit ’n spesifieke oogpunt. Bewaar die land se geskiedeni­s akkuraat. Daardie selfde geskiedeni­s is deel van die land se toeriste-trekpleist­ers.

Weens druk het die Nasionale Erfenisraa­d die voorgestel­de deproklama­sie op 20 Desember 2013 geadvertee­r en die publiek 60 dae gegee om enige besware aan te teken.

’n Paar dae later, op 25 Desember, is die gebied voor die Alte Feste afgesper sodat die publiek en media nie naby die standbeeld kon kom nie. Dis dieselfde dag nog verwyder. Die militêre styl operasie kan slegs as polities gemotiveer­de vandalisme beskryf word.

Dié foto is van die Suidwes-ruiter Monument en Onafhankli­kheidsgede­nkmuseum wat ontwerp en gebou is deur Noord-Korea.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa