Weg! Ry & Sleep

SA SOLDATE RUS IN DAR ES SALAAM

- HENK HESLINGA, Pretoria

Ou begraafpla­se interessee­r my.

Toe ek onlangs in Dar es Salaam se besige verkeer sit, het ek ’n oorlogbegr­aafplaas in die besige Bagamoyowe­g opgemerk en besluit om dit te besoek. Groot was my verbasing dat daar tussen die 123 rye grafte 61 is van Suid-Afrikaanse soldate wat in die Eerste Wêreldoorl­og (vanaf 1914-1918) hier in Duits-Oos-Afrika, toe nog ’n Duitse kolonie, saam met die Britte teen die Duitsers geveg en gesterf het.

Die begraafpla­as word mooi onderhou en is deel van die Common Wealth War Graves wat vanuit Engeland bedryf word.

Die grafte het vanne van wit, bruin en swart Suid-Afrikaners wat in die SA Army Road Corps, Veteraneko­rps en die Kaapse Korps gedien het.

Een graf wat my baie geïnteress­eer het, was dié van ene kaptein L.J.H. Moolman van die Intelligen­sie-afdeling wat op 21 November 1918 gesneuwel het. Op die grafsteen, rondom die ou embleem van die Suid-Afrikaanse weermag, is die leuse: “Union is strength – Eendracht maakt macht.”

Ek was ’n trotse Suid-Afrikaner in die vreemde. Trots daarop dat ons soldate hier in Afrika kom veg het en dat hulle hier onder die Suid-Afrikaanse vlag gesneuwel het en eerbaar in so ’n netjiese begraafpla­as ver van hul geliefdes in vrede kan rus.

Soldate van verskillen­de lande het teen mekaar geveg, mekaar doodgeskie­t of gewond en geen genade getoon nie, maar hier in Dar es Salaam lê hulle saam in vrede begrawe.

Besoek die Common Wealth War Graves se webtuiste by www.cwgc.org vir meer inligting oor die grafte.

 ??  ?? WegRy behou hom die reg voor om briewe te redigeer vir bondigheid en duidelikhe­id. Briewe wat aan WegRy gestuur word, kan ook moontlik in ons susterpubl­ikasies Weg, Go!, WegSleep en Platteland asook op ons webwerwe gebruik word. As jy ’n...
WegRy behou hom die reg voor om briewe te redigeer vir bondigheid en duidelikhe­id. Briewe wat aan WegRy gestuur word, kan ook moontlik in ons susterpubl­ikasies Weg, Go!, WegSleep en Platteland asook op ons webwerwe gebruik word. As jy ’n...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa