Weg! Ry & Sleep

OP FACEBOOK

-

As jy die kat in die spreekwoor­delike hoenderhok wil loslaat, moet jy net ’n vraag oor ’n bakkie vra. Dit is weer op Facebook bewys toe Jan J Nel gevra het dat die lesers moet kies tussen ’n Toyota Hilux 4 liter-V6-petrol of ’n Volkswagen Amarok, met sy tweeliter-turbodiese­lenjin.

Bennie Kotzé Watse vraag is dit? Die Amarok is gerieflike­r, sterker, meer ekonomies, nuwer ens. Daar is geen manier waarop ’n mens ’n verouderde V6 kan kies bo daai Amarok nie.

Danie Muller Beste raad – toetsbestu­ur albei. Haak ’n karavaan en toets weer. Hulle sê die Hilux is meer betroubaar, maar is hy werklik? En teen watter prys? Diensinter­valle? Prys van ’n diens? Jou longe wat uitskud?

Juan Joubert Ek ry nou al lank V6’e en vandat ek my Hilux V6 4x4 Auto gekoop het, sal ek nie ’n ander bakkie koop nie. En die Hilux V6 is nie so swaar op brandstof nie. Dit hang maar net af van daai regtervoet. En daai krag sal ek nie vir ’n diesel verruil nie. Kyk wat moet mens als doen met ’n diesel om by die V6-petrol uit te kom. Ek betaal maar daai ekstra petrol en weet ek het die gemak, die krag en die betroubaar­ste voertuig.

Andries Visagie Met daardie V6 moet jy maar ’n brandstofd­epot in jou agterplaas bou. Ek sal die VW kies. Boonop baie mooi ook en teen dié tyd bewese. (Voor die manne weer begin klippe gooi, ek is ’n Ford-man.)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa