Weg! Ry & Sleep

STADIG OOR DIE KLIPPE

Vandeesmaa­nd gee Alan Goodway raad oor hoe jy veilig oor klipperige terrein kan ry.

-

Ons fokus vandeesmaa­nd steeds op hinderniss­e. Voor jy oor klipperige gebiede ry, moet jy ’n paar dinge oorweeg. Die verkeerde lyn of benadering kan jou duur te staan kom, veral wat skade aan jou voertuig betref.

Inspekteer eers die roete te voet. Onthou dat die hoë punte van die roete soms tot jou voordeel kan wees – dit kan vir ekstra grondvryho­ogte sorg as jy met jou bande daaróór, en nie daaróm nie, ry. Maak egter seker dat die hoë punte nie jou ryding se grondvryho­ogte oorskry nie, anders sal jou kar hang of beskadig word.

Kyk uit vir klippe wat jy kan losry en wat jou voertuig sal beskadig, en kyk hoe stabiel die terrein is.

Sorg ook dat jy weet waar jou voertuig kwesbaar is. Weet byvoorbeel­d waar jou voertuig se laagste grondvryho­ogte is. Onthou ook dat dit moeilik is om egalig op ruwe terrein te bestuur en dat dit ongemaklik kan wees vir die insittende­s. Maak dus seker daar is geen los voorwerpe binne of buite jou voertuig nie.

Stadig maar seker

Hou die slagspreuk “so stadig as moontlik; so vinnig as nodig” in gedagte. Om suksesvol oor die klippe te ry, kies die eerste laestrekra­t en ry baie, baie stadig op jou gekose lyn. Jy kan dit selfs oorweeg om kort-kort die rem liggies te trap (feathering the brakes, soos die Engelse sê) as jy ’n outomaties­e voertuig het. Hou die stuurwiel styf vas. Dis altyd beter as iemand jou oor die hindernis lei sodat jy nie jou voertuig se onderstel beskadig of vassit nie.

Bou ’n pad indien nodig. Pak rotse om te keer dat die motor se onderstel kap. Dra handskoene vir beskerming. Tel klippe wég van jou lyf af op – daar mag ’n skerpioen of ’n slang daaronder skuil. Veiligheid en pret is die wagwoord. En moenie jaag nie – jy is daar om die natuur te geniet.

As jy jou vaardighed­e wil slyp, sluit aan by die WegRy-4x4-aka-demie (sien die kassie onder) en laat die profession­ele ouens jou touwys maak.

 ??  ?? Kursusse in Gauteng vind plaas by Leriba Lodge, Centurion (teorie), en Kungwini 4x4, Bronkhorst­spruit (prakties); in die Wes
Kaap by Bowtime in Brackenfel­l en Ou Trekpad, Atlantis. In KZN sien ons julle by die Killarney-4x4-baan, Shongweni-vallei. Rig...
Kursusse in Gauteng vind plaas by Leriba Lodge, Centurion (teorie), en Kungwini 4x4, Bronkhorst­spruit (prakties); in die Wes Kaap by Bowtime in Brackenfel­l en Ou Trekpad, Atlantis. In KZN sien ons julle by die Killarney-4x4-baan, Shongweni-vallei. Rig...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa