Weg! Ry & Sleep

Fortuner-vreter

-

Die Ranger-bakkie is een van Ford se grootste onlangse plaaslike suksesverh­ale. Maar mense het dadelik begin wonder wanneer Ford met ’n nuwe Everest vorendag sou kom om met die Toyota Fortuner, Chev Trailblaze­r, Mitsubishi Pajero Sport en Nissan Pathfinder mee te ding.

Die goeie nuus is dat Ford bevestig het dat die nuwe Everest in 2015 plaaslik bekend gestel word. Ons dink dit gaan nie net die mooiste ryding in dié segment wees nie, dit gaan ook ’n paar interessan­te kenmerke onder die vel hê.

Hy gaan die Ranger se 3,2 en 2,2 liter-turbodiese­lenjins hê, maar die groot verrassing is dat dit ook beskikbaar gaan wees met ’n turbo-aangejaagd­e 2 liter-petrolenji­n. Sy elektronie­se veldrystel­sel is soortgelyk aan Land Rover se Terrain Response (Ford noem dit “Terrain Management”).

Ander elektronik­a sluit in blindekols­ensors en snelheidsb­eheer wat die voertuig outomaties laat rem vir stadiger voertuie voor hom. Die inligtinge­n-vermaakste­lsel het ’n 8 duim-raakskerm en kan ook met stembevele beheer word.

Nes die Ranger-bakkie het dit ’n agterste ewenaarslo­t, grondvryho­ogte van 225 mm en ’n dompeldiep­te van 800 mm – die beste in sy klas. Binnelangs is daar drie rye sitplekke, met die agterste ry wat in die vloer platvou en die agterste laaideur wat elektries oop- en toemaak. Dit sal in 4x4- en 4x2-weergawes te kry wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa