Weg! Ry & Sleep

SAGTE VELDRYER VAN DIE JAAR

Renault Duster 1.5 dCi

-

Die tydsbereke­ning vir die bekendstel­ling van die Renault Duster in 2013 kon nie beter gewees het nie. Die toename in mense wat vanweë die swakker ekonomie na ’n kleiner sportnutsv­oertuig kyk, het in dié ryding se guns getel.

Sy praktiese veelsydigh­eid en goeie prys het heelwat kopers beïndruk en dit is nou ’n groot verkoper vir Renault in Suid-Afrika.

Sy klein 1.5 dCi-turbodiese­l-enjin ontwikkel ’n gangbare 80 kW en 240 Nm wringkrag, wat heeltemal genoeg is vir sy gewig van net meer as 1 200 kg. Die grondvryho­ogte van 210 mm is heel skaflik.

Die Duster se vierwielaa­ndrywing, wat hy van die Nissan X-Trail af kry, stel jou in staat om te kies tussen voorwielaa­ndrywing, “Outo” (wat krag outomaties na die agterwiele stuur as die voorwiele tol) en “Lock”, waar krag 50:50 tussen die voor- en agterwiele verdeel word.

Die Duster het ook elektronie­se vastrapbeh­eer en sy 16 duimbande is goedkoop en orals beskikbaar, selfs op die platteland.

Hoewel nie ’n ernstige veldryer nie, kan die Duster met enige slegte pad klaarspeel en orals ry waar laestrek nie nodig is nie. Met ander woorde, alle grondpaaie in Suider-Afrika.

Die Duster se brandstofv­erbruik is omtrent 6 liter/100 km en hy het gemaklik plek vir vier passasiers – en heelwat bagasie. Die plastiek binne is dalk hard en lyk effens oudmodies, maar dit kan maklik met ’n nat lap skoongevee word. Boonop is hy goed toegerus met onder meer ’n raakskerm-klankstels­el, Bluetooth en USB-sok, en ’n volledige ritrekenaa­r.

Die Duster 1.5 dCi 4x4-handrat kos R259 900 en die voorwiel-aangedrewe weergawe sowat R20 000 minder. As jy dit vergelyk met ander sagte veldryers is dit ’n winskoop en dit besorg hom weer die titel as Sagte Veldryer van 2014.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa