Weg! Ry & Sleep

SPORTNUTSV­OERTUIG VAN DIE JAAR

Mitsubishi Pajero Sport 2.5 Di-D outomaties

-

DIE KRAGLEWERI­NG VAN SY NUWE 2.5 DI- D TURBODIESE­L VAN 131 KW EN 400 NM SE WRINGKRAG SIT DIE FORTUNER SE GROTER ENJIN ( 120 KW EN 343 NM) BEHOORLIK ORE AAN.”

Die Pajero Sport het verlede jaar die Toyota Fortuner in dié afdeling onttroon. Dit was na afloop van ’n uitkloptoe­ts waarin die Fortuner, Pajero Sport, Chevrolet Trailblaze­r en Nissan Pathfinder – almal met outomaties­e ratkaste – met mekaar vergelyk is.

Die Pajero Sport was om die volgende redes die wenner: Die kragleweri­ng van sy nuwe 2.5 Di-D turbodiese­l van 131 kW en 400 Nm se wringkrag sit die Fortuner se groter enjin (120 kW en 343 Nm) behoorlik ore aan.

Sy outomaties­e ratkas het ook vyf ratte teenoor die Fortuner se vier.

Sy draaisirke­l is kleiner, sy uitleg binne is meer modern en sy Super Select 4x4-stelsel stel jou in staat om te kies tussen 2H, 4H met ’n oop middelste ewenaar, 4H met geslote middelste ewenaar en 4L.

Daarenteen is die Fortuner ’n heeltydse 4x4. Ook is die Pajero Sport se hantering ’n pluspunt, want op die teer of op ’n sinkplaatp­ad het hy het nooit ’n voet verkeerd gesit nie.

Om alles te kroon kos die Pajero Sport onderskeid­elik R474 900 (handrat) en R489 900 (outomaties), terwyl die Fortuner nou R506 100 (handrat) en R519 200 (outomaties) kos.

Tog verkoop die Fortuner steeds goed, grotendeel­s vanweë Toyota se reputasie van betroubaar­heid en duursaamhe­id, asook goeie nasorgdien­s. Intussen het die Chevrolet Trailblaze­r nie juis aan die verwagting­e as ’ n Fortuner-mededinger voldoen nie.

Dit het heel moontlik te make met sy gebrek aan ’n ewenaarslo­t (dit is opsioneel beskikbaar) en sy 18 duim-bande wat nie juis gepas is vir veldry nie. Tog, sy 2,8 liter-turbodiese­l-enjin se 132 kW krag en 470 Nm is glad nie te versmaai nie, en hy is ook suinig met die brandstof.

Die nuwe Ford Everest wat vanjaar bekend gestel word, kan egter sake in hierdie kategorie – én in die sportnutsm­ark – lelik omkrap (lees op bl. 20 wat ons van die Everest sê).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa