Weg! Ry & Sleep

WEELDE-4X4 VAN DIE JAAR

Land Rover Discovery SDV6 S

-

Om’n Weelde-4x4 van die Jaar uit die groot verskeiden­heid luukse veldrygoed in die land aan te wys, het heelwat dinkwerk gekos.

Omdat daar soveel begeerlike weelde-rygoed is om van te kies, het ons laestrekra­tte as ’n vereiste gestel, selfs al weet ons dié soort rygoed sien bitter min régte veldrytoes­tande.

Dus is die keuse tot Jeep se Grand Cherokee- en nuwe Cherokee-modelle, Land Rover se Range Rover, Range Rover Sport en Discovery-reekse, Lexus se LX, Mercedes-Benz se GL en ML’s, die Mitsubishi Pajero (wat onlangs effens vernuwe is), en Toyota se Prado en Land Cruiser-reeks afgeskaal.

’n Hele paar van dié modelle, soos die ML, die groot Lexus en die Land Cruiser 200, kos al meer as ’n miljoen rand, en sal heel moontlik nooit in hulle leeftyd êrens anders as in die betonoerwo­ud gebruik word nie.

Dit laat ons dan met die Jeeps, die Land Rover Discovery, die Pajero en die Prado.

Hoewel die Prado ’n goeie veldryer is, steek sy krag – veral die turbodiese­l s’n – sleg af teen die mededinger­s.

Die Pajero is, ondanks sy vernuwing, al lank in die tand, en die Grand Cherokee en Discovery skop stof in sy hoofligte.

Van al die Land Rovers is die Discovery waarskynli­k die model met die beste veldryverm­oëns. Hy is ook heelwat ligter as die Range Rover en is ook nie so op teerpadver­rigting gemik soos die Range Rover Sport nie.

Ons dink die S-afwerkings­vlak (teen R815 400) is beter waarde vir geld as die duurder SE- en HSE-modelle, want dis steeds baie luuks met dieselfde Terrain Response-vierwielst­elsel met verstelbar­e lugvering wat tot 310 mm se grondvryho­ogte kan verskaf, en dieselfde puik 3 liter-SDV6-turbodiese­l-enjin wat 160 kW krag en 600 Nm wringkrag ontwikkel.

Voeg daarby die Landie se uitmuntend­e agtgang-outokas en die feit dat daar wel 18 duim-wiele vir hom beskikbaar is vir ’n groter verskeiden­heid veldryband­e as wat sy standaard 19 duim-wiele toelaat, en jy’t ’n luuksemoto­r wat jy nou en dan veld toe kan vat – dis nou as jy dit oor jou hart kan kry.

Daarom kry dié Landie ons toekenning as Weelde-4x4 van die Jaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa