Weg! Ry & Sleep

BEKWAAMSTE 4X4 VAN DIE JAAR

Jeep Wrangler Rubicon Unlimited

-

Die Jeep Wrangler, soos die Land Rover Defender, is ’n evolusie van die oorspronkl­ike Jeep van toentertyd. Maar waar die Defender ’n dekade of drie gelede die verkeerde afdraai in sy evolusiepa­adjie gevat het, het Jeep daarin geslaag om die Wrangler uiters bekwaam in die veld te hou – maar terselfder­tyd te sorg dat hy byhou met gerief en verbasend goeie teerpadhan­tering vir ’n ryding van só ’n aard het.

Sy ultra-lae ratverhoud­ing in laestrek help ook, omdat dit hom in staat stel om as ’t ware sonder enige wieltol oor klippe te luier. Dan is daar ook die ewenaarslo­tte op beide die voorste en agterste vaste asse en die teenkantel­stawe voorlangs wat met die druk van ’n knoppie ontsluit kan word.

Dit maak van hom ’n uitstekend­e veldryer, veral in kortbakvor­m. Die vierdeur-Unlimited is net ’n klein entjie langer, maar vergoed weer met vier deure en die feit dat dit baie prakties is as ’n alledaagse ryding.

Of die Rubicon ooit met ’n dieselenji­n toegerus gaan word, is iets waaroor Wrangler-liefhebber­s al jare bespiegel.

Maar sy 3,6 liter-Pentastar-V6 met 209 kW en 353 Nm is opgewasse vir enige taak, en met sy uiters lae laestrekve­rhouding kruip die Rubicon oor steiler, smaller en moeiliker hinderniss­e as enige ander standaard-voertuig.

Om hom in dié toestande ore aan te sit, sal jy moet kyk na doelgeboud­e gemodifise­erde rygoed van Arctic Trucks, LA Sport of 4WD Truckin’ – en dit sal jou heelwat meer as R475 990 uit die sak jaag.

Alles in ag genome behou die Wrangler Rubicon sy titel as die Bekwaamste 4x4 van die Jaar (al het ons die prys vanjaar om praktiese redes vir die vierdeur Unlimited gegee), en as dit in 2015 dieselkrag kry, behoort dit volgende keer weer die geval te wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa