Weg! Ry & Sleep

EKSPEDISIE-4X4 VAN DIE JAAR

Toyota Land Cruiser 76 Series-stasiewa V8-turbodiese­l

-

Al vind daar tans heelwat ontwikkeli­ng in Afrika plaas, is dit steeds die mees uitdagende vasteland vir 4x4’s. Hier soek jy ’n rateltaai ryding wat lang afstande kan aflê. Behalwe dat dit meganies feitlik onbreekbaa­r moet wees, moet dit ook prakties wees, want op ’n Afrika-tog moet jy byna al jou benodigdhe­de kan saamkarwei.

’n Mens soek ’n ryding met ’n leer-raamonders­tel, vaste asse in plaas van onafhankli­ke vering, meganiese betroubaar­heid en genoeg grondvryho­ogte.

Min het in die afgelope paar jaar in dié mark verander, en voertuie wat aan hierdie vereistes voldoen, sluit in die Toyota Land Cruiser 76, die Land Rover Defender-stasiewa, die Nissan Patrolstas­iewa en Mercedes-Benz G300 CDI Profession­al.

Die Defender is op sy laaste bene en hoewel die groot Patrol met feitlik enige hindernis kan klaarspeel, suip sy 4,8 liter-petrolenji­n soos ’n vis.

Ook die G-Klas is ’n bekwame veldryer, maar teen ’n prys van byna ’n miljoen rand (R995 000) vir ’n uiters basies-toegeruste ryding (nie eens ’n radio of elektriese vensters nie) voel jy uitgebuit.

Soos die G-Klas het die Cruiser 76-stasiewa meganiese ewenaarslo­tte op die voor- en agteras, en ná ’n opknapping verlede jaar is sy binneruim netjies uitgerus met goed soos ’n ingeboude GPS om almal gelukkig te hou.

Sy groot V8-turbodiese­lenjin is egter die troefkaart. Hierdie 1VD-FTV-enjin van 4,5 liter ontwikkel 151 kW en ’n hele 430 Nm wringkrag laag in die toerestrek, wat dit onkeerbaar in die veld maak. Hy luier moeiteloos oor tegniese terrein en hy sukkel nie soos die gewone 4,2- diesel om ’n snelheid van 120 km/h op die lang pad te handhaaf nie.

En ja, ons weet Toyota dring aan dat hy op 50 d.p.m. diesel ry. Maar ons weet ook dat dit ’n oorkonserw­atiewe benadering is en dat ’n paar tenks “gewone” diesel niks aan die enjin sal doen nie, want in Namibië ry die manne al jare lank met ingevoerde V8-turbodiese­ls op gewone diesel, sonder enige probleme.

Dit alles beteken die 76-stasiewa het nou die soort enjin wat reg laat geskied aan al sy ander bewese eienskappe. Dít, asook sy prys van R626 000, verseker dat hy die kroon as Ekspedisie-4x4 van die Jaar behou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa