Weg! Ry & Sleep

DIE ‘WAT-HET-HULLE-GEDINK? -’VOERTUIG VAN DIE JAAR

Toyota Etios Cross

-

D ie era van crossovers, oftewel voertuie wat ’n kruis tussen ’n gewone ryding en ’n sportnutsv­oertuig is, het aangebreek, en elke vervaardig­er wat sy sout werd is, het nou so ’n model, of is besig om een te ontwikkel.

Dis nie ’n slegte idee nie en het wêreldwyd gewild geraak. Maar dis besig om laf te raak, want feitlik elke nuwe ryding wat halwe stasiewaly­ne en ’n hoër grondvryho­ogte het, is nou ’n crossover.

Die ergste is egter vervaardig­ers wat die crossover- idee té ver vat. Hulle vat ’n paar plastiekpa­nele, plak dit op ’n bestaande model sodat dit lyk of dié karretjie die boendoe kan aandurf, en las dan “cross” by die naam by.

Daar’s verskeie sulke rygoed, soos Renault se Sandero Stepway, VW se CrossPolo en CrossCaddy, GWM se M4, Geely se LC Cross en Toyota se Etios Cross. Maar wat presies is die punt? Hulle het nie vierwielaa­ndrywing nie en hulle grondvryho­ogte is effens hoër (in sommige gevalle dieselfde as die gewone pas-sasiersvoe­rtuie), dus betaal jy ’n ekstra klomp geld vir ’n paar bakpanele sodat jy ’n “Cross” kan ry.

En omdat Toyota, wat bekend is vir sy goeie en betroubare veldryvoer­tuie, van beter as dít behoort te weet, kry hy vanjaar se pampoenpry­s vir sy Etios Cross. Want al hindernis waarteen hy waarskynli­k bestand is met daai swart panele aan die kante, is ’n roekelose winkeltrol­lie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa