Weg! Ry & Sleep

WAARNA MOET EK KYK?

-

Roeswurms. As hy ’n taamlik ruk aan die kus deurgebrin­g het, is roes ’n moontlikhe­id. Veral rondom die voorruit en aan die bokant van die A-pilare.

Toets hom. Maak seker of alle skakelaars nog werk, veral die skakelaars vir die ewenaarslo­tte.

Olievlakke? Die olievlak van die ratkas mag nie te laag wees nie, want die ratkas gee probleme as die olievlak te laag daal. Dis noodsaakli­k dat jy dit nagaan.

Werk die viskeuse koppeling

nog? Die viskeuse koppeling wat die wringkrag tussen die enjin en die wiele versprei, is ook geneig om krapperig te raak en op te hou werk. Laat ’n kenner dit vir jou nagaan.

Enjin oorgedoen? As die enjin vervang is of daar dalk ’n ombouing gedoen is, moet jy doodseker maak die verkoeling werk reg.

Nukkerig. Omdat Syncro’s al aan die verkeerde kant van 20 jaar oud is, kan daar maar nukke en grille wees wat jy mettertyd sal optel en waaraan jy sal moet aandag gee.

Kyk die petrolpomp. Die staal- en aluminium-monterings wat gebruik word om die petrolpomp op sy plek te hou, veroorsaak soms ’n elektrolit­iese reaksie met die petrolpomp wat gate kan vreet en roes kan veroorsaak.

Nog skete. Die silinder-koppakstuk­ke is ook geneig om moeilikhei­d te gee. Oorverhitt­ing is een teken hiervan en iets wat jy moet ondersoek. ’n

Kompressie­toets is belangrik. Die inspuiters in die enjin gee ook van tyd tot tyd probleme, maar dit is relatief maklik om dit reg te maak.

Kenners. In die Kaap kan jy met Russel Johnston praat. Hy ken die Syncro’s goed en sal jou kan help. Kontak hom by 073 826 6244. In Gauteng is Stuart Stirling van Syncro Hospital die ou vir jou. Kontak hom by 083 629 9951.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa