Weg! Ry & Sleep

Salusa 45 se moses

Sê maar wat jy wil, maar dié bakkie het nog baie skop.

-

Op die afstandmet­er?

298 631 km. Hoeveel daarvan in die veld? Ek was nog net so vyf keer in die veld daarmee.

Hoeveel het dit gekos? Ek het die Colt in 2011 gekoop vir R80 000. Toe het dit 225 863 km op die afstandmet­er gehad.

Hoeveel eienaars?

Ek’s die derde.

Hoekom ’n Mitsubishi? Die keuse was maklik. Ons het van die bakkie gehou en ek weet Mitsubishi is ’n goeie fabrikaat.

Het dit ’n bynaam? Nee, ons praat maar altyd van “die bakkie” of die Colt.

Waar was jy al daarmee? Orals in Suid-Afrika. Dis my sleepvoert­uig en hy gaan waar die wa gaan. Wat is jou droombeste­mming? Kaapstad. Ek beplan ’n drie weke lange toer daarheen.

Enige ongelukke? Niks ernstigs nie. Ek het net uit domheid teen ’n paal by die buffer huis en vasgeryeen kopligen die beskadig. voorste

Onklaar?Die bakkie het ons nog nooit in die steek gelaat nie.

Herstelwer­k tot nou toe? Die tydreëlban­d moes vervang word.

Enige modifikasi­es? Ek het ’n bosbreker laat opsit. Dit laat die bakkie nog groter lyk.

Waarvan hou jy? Sy sleepvermo­ë. Ons is groot kampeerder­s en probeer minstens een keer per maand kamp. En waarvan nie? As iemand teen my bakkie lê! Sal jy deur Afrika ry daarmee? Beslis. As die geld dit toelaat sal ek eendag deur Namibië wil toer. Wat pak jy in vir ’n lang tog? Altyd ’n gereedskap­kis en gewoonlik baie lekkergoed in die bakkie om die pad korter te maak.

Met R10 000 . . . Sal ek ’n chip insit en die suspensie lig.

 ??  ?? 2004 Mitsubishi Colt Rodeo 2800 TD (2x4)
2004 Mitsubishi Colt Rodeo 2800 TD (2x4)
 ??  ?? CHRISTO VOSLOO SE
CHRISTO VOSLOO SE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa