Weg! Ry & Sleep

EK WIL OOK GAAN

-

Hoe ver is dit? Dis ’n rapsie minder as 200 km van Gauteng tot in Middelburg, Mpumalanga. Die roetes self is so halfuur se ry noord van Middelburg op pad na Loskopdam.

Beste tyd van die jaar? Somer is nie die ideale tyd nie, veral nie as dit onlangs gereën het nie. Die grond raak maklik kleierig en modderig en maak die uitstappie aansienlik moeiliker.

Waarmee het jy gery? 2014-Toyota Hilux 3.0 D-4D.

Het ek ’n 4x4 nodig? Vir die roetes in die Amanzi-reservaat het jy goeie grondvryho­ogte en laestrekra­tte nodig, maar as jy nie dié roetes wil aanpak nie, kan jy steeds in die reservaat rondry en die wild besigtig. Vir die roetes vanaf Liewe Heksie het jy beslis ’n 4x4 met laestrekra­tte en goeie grondvryho­ogte nodig. Ewenaarslo­tte sal ook handig wees.

Waar kan ek bly? Die verblyf by Amanzi word aan Johan voorsien as ’n spesiale vergunning van Forever Resorts. Die oord self is nie oop vir die publiek nie, dus moet jy jou verblyf deur Johan reël of elders in die omgewing bly. Die oord by Loskopdam self is ook ’n Forever Resort en is ’n gewilde bestemming, veral vir varswaterh­engelaars.

Aan die bokant van die roete swenk André af in die rigting van Smalkloof. Dis nog ’n nuwe roete wat hulle eersdaags ook by hulle lysie gaan voeg. Dit is eenvoudig ’n paadjie aan die een kant van ’n baie smal kloof in, maar met hulle eerste verkenning­stog het dit hulle ’n hele dag geneem om deur te kom. Vandag is daar nie genoeg tyd om hierdie paadjie ook aan te durf nie, maar volgende keer as ek kom – en ek sál weer kom – is hy beslis op my lysie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa