Weg! Ry & Sleep

Kaokoland

Op kwads deur

- TEKS EN FOTO’S Hennie Viljoen

E k is al sedert 2006 doenig met vierwielmo­torfietse. Ek het al die wêreld vol gery en onder meer deur dele van Mosambiek, Lesotho en Namibië getoer. Ek en my vriend Carel Lubbe was die eerste om die nuwe Can Am Outlander Max in SuidAfrika te koop. Dis ’n ryding wat 92 Nm wringkrag en 61 kW krag ontwikkel met sy 1000cc-masjien. ( Dit klink dalk nie na baie nie, maar op ’n motorfiets met ’n BVM van 370 kg is dit nogal goed. – Red.)

Ek het in WegRy gelees van Kaokoland se 4x4-roetes en die berugte Van Zylspas en toe ek Johan Badenhorst en die Voetspore-span daar sien deurgaan, was die koeël deur die kerk. Ons moes dit eenvoudig ook beleef.

Met die hulp van T4A se GPS-kaarte en Garmin se BaseCamp-sagteware kon ek ons roete haarfyn beplan. Ons kon die motorfiets­e van Tzaneen na Alpec Bushcamp net buite Kamanjab agter my Pajero sleep. Van daar af moes ons egter alles op die fietse laai, want ons het nie ’n ondersteun­ingsvoertu­ig gehad nie. Dit het mooi beplanning gekos, want ons moes kos, water, klere, tente, kampeertoe­rusting en brandstof vir 10 dae saamvat. Die Outlanders se tenks vat net 20 liter en ons kan tussen 150-200 km per tenk kry, na gelang van die terrein. Ons moes een skof van ongeveer 700 km tot die volgende brandstofp­unt gery het, maar gelukkig kan die Outlander ’n vrag van 235 kg dra.

Ons het beplan om die afstand in tien dae af te lê, want ons wou nie te ver op een dag ry nie. Ons wou die omgewing en natuurskoo­n behoorlik kon geniet.

DAG 1

Ons het by Alpec Bushcamp net buite Kamanjab aangekom, waar Piet en Ilene Pretorius ons hartlik ontvang het. Hulle bestuur die kamp die afgelope vier jaar en het pragtige luukse tente, ’n chalet en ses kampplekke.

Hier kan jy ’n lekker plaasontby­t eet en saans is daar braaipakke beskikbaar. Jy kan ook op wildritte gaan, die Tuskers Bar besoek en in die swembad afkoel.

Ek kon my Pajero en sleepwa veilig by Alpec los; Piet het selfs my voertuig in sy pakkamer geparkeer vir die tyd dat ons weg was.

Ek en Carel het die vierwielfi­etse die middag al begin pak. Gelukkig het ons alles by die huis getoets en vasgemaak; ons het dus presies geweet wat kom waar. Die aand was ons vroeg in die bed, senuagtig oor die tog sonder ’n ondersteun­ingsvoertu­ig. Ons enigste gerusstell­ing was ’n satellietf­oon en ons vertroue in ons vierwielmo­torfietse.

DAG 2 (138 km) Ons eerste stuk pad was die stukkie teer noord met die C35, want die grondpad langs die pad is toegegroei tot by die afdraaipun­t na Kamdescha. Hier is ’n mooi tweespoorp­aadjie deur ’n mopanievel­d wat jou aan dele van Limpopo herinner.

Ons het sonder probleme deur die veepos by Kamdescha gery en die eerste stofgate getref waarteen Piet Pretorius ons gewaarsku het. Die pad het gate vol ligbruin stof. Dit lyk nes babapoeier, maar is plek-plek tot ’n meter diep. Carel het soms skoon weggeraak in die stof.

As jy een van dié stofgate teen die verkeerde spoed tref, kan jy jou ryding lelik beskadig. Ek het daarom besluit om eerder deur ’n klein rivierlopi­e onder die gate om te ry.

Ons het verder deurgedruk tot by die droë rivierbedd­ing in die Ombonderiv­ier-gedeelte van die Khowarib-roete en dit tot in die Khowarib Schlucht- 4x4-roete gevolg. Die sand in die droë rivierloop is dik, los en warm en sal enige 4x4 hard laat werk.

Ons het deur ’n paar moeilike, steil hinderniss­e gery, maar die Outlanders het nie gesukkel nie. Daarna het ons deur die Schlucht gery en ons verwonder aan die groen plantegroe­i langs die water. Dit staan in skerp kontras met dié droë wêreld.

Die aand het ons by Khowarib Lodge gekamp, met die Schlucht wat onder ons verbyvloei. Die kamp is mooi skoon en het goeie storte en warm water.

DAG 3 (161 km)

Nadat ons die koelbokse vol ys gemaak het, het ons koers gekies na Opuwo op die nasionale grondpad.

Die pad is mooi en kronkel oor die Joubert-bergreeks. Ons het kort-kort Himbas by hulle krale gesien en ons verlustig in die landskap. Hier is, vreemd genoeg, taamlik baie stroompies en driffies oor die dor aarde.

Die aand het ons tent opgeslaan in die kampterrei­n by die Opuwo Country Hotel. Die staanplekk­e is op ’n mooi grasperk. Hier is ook goeie ablusieger­iewe en gewapende wagte. Europese toeriste wat die land as sogenaamde

overlander­s besoek, het oral tent opge

slaan.

DAG 4 (133 km)

Ons het vroeggerig vertrek en op die nasionale grondpad na die Kunene River Lodge gery. Die grondpad is dieselfde dag geskraap en het soos ’n snelweg gery, net met baie meer stof. Ons het lekker gery, maar kon sien dat dit hier baie droog is.

Op pad het ons eers stilgehou by die monument van die Dorslandtr­ekkers. Ek kon nie help om bewoë te raak oor die name en datums op die grafstene nie. Dit moes geharde mense gewees het wat met ossewaens deur dié ongenaakba­re wêreld getrek het.

Nadat ek en Carel elk ’n klip op die stapel gepak het, het ons vir die eerste keer na die Kunenerivi­er doer onder ons gekyk. Wat ’n gesig om die blougroen rivier daar onder te sien!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Naam: Hennie Viljoen
Tuisdorp: Tzaneen Beroep: Finansiële beplanner
Gunsteling­plekke: Beslis Namibië met sy bekoring, gasvrye mense en baie grondpaaie.
Reiswenk: Beplan jou roete deeglik, en as jy ongerepte dele besoek, sorg vir genoeg water,...
Naam: Hennie Viljoen Tuisdorp: Tzaneen Beroep: Finansiële beplanner Gunsteling­plekke: Beslis Namibië met sy bekoring, gasvrye mense en baie grondpaaie. Reiswenk: Beplan jou roete deeglik, en as jy ongerepte dele besoek, sorg vir genoeg water,...
 ??  ?? By die Kunene River Lodge kan jy ’n stewige ontbyt op die houtdek eet terwyl jy oor die rivier uitkyk. Dis beslis die moeite werd om hier af te pak.
By die Kunene River Lodge kan jy ’n stewige ontbyt op die houtdek eet terwyl jy oor die rivier uitkyk. Dis beslis die moeite werd om hier af te pak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa