Weg! Ry & Sleep

DÍS WAT JY KAN VERWAG

-

DAG 1:

Ons kry mekaar in Letlhakane, Botswana, en kies dan koers op ’n sandspoorp­ad tot op die plat vlaktes van die Makgadigad­i-panne, waar ons die eerste nag op Kubu-eiland deurbring.

DAG 2:

’n Sonsopkoms oor die panne saam met jou koffie en beskuit is iets wat die doutrapper­s en ywerige fotograwe nie sommer sal vergeet nie. Ná ontbyt stap ons om die eiland met sy fassineren­de rotsformas­ies en reuse-kremetartb­ome. Dan mik ons noordwaart­s op ’n tweespoorp­ad al langs die panne. Ons bestemming – Maun.

DAG 3:

Ons bring die oggend in Maun deur, waar ons inkopies doen en brandstof volmaak. Jy kan ook vir ’n uur oor die Okavango-delta vlieg (dié vlug van R1 000 is opsioneel en nie in die toerpakket ingesluit nie). Dan val ons in die pad na ons volgende blyplek, op die oewer van een van die delta se hoofkanale.

DAG 4:

Ná ontbyt vaar ons op die Okavango-delta langs een van sy hoofkanale – in die gemak van aluminium-motorbote wat deur ervare plaaslike gidse bestuur word. Ons bekyk die voëllewe, geniet die kristalhel­derwater en sien dalk ’n seekoei.

DAG 5:

Vandag mik ons na Namibië. Maar eers draai ons van die hoofpad af om die Tsodilokop­pies met hulle meer as 3 000 Boesman-tekeninge te besoek. Ons luister na ’n interessan­te gesprek oor die Boesmans, besoek ’n museum en hou piekniek in hierdie wonderwêre­ld, die hoogste punt in Botswana. Dan is dit verder noordwaart­s tot by ’n skaduryke oornagkamp op die oewer van die Okavangori­vier in Namibië, ons basis vir die volgende drie aande.

DAG 6:

Vandag kan almal self besluit wat hulle met die oggend wil maak. Jy kan in die kamp ontspan of die nabygeleë Bwabwatawi­ldreservaa­t besoek. Daar is ook ’n rits ander aktiwiteit­e, soos kanoritte, kulturele toere en hengel naby die kamp. In die laatmiddag gaan ons op ’n bootrit en kyk hoe die son oor die Okavango sak. Al die aktiwiteit­e, met uitsonderi­ng van die bootrit, is vir jou eie rekening.

DAG 7:

Ons besoek die Mahangowil­dreservaat. Mahango spog met vier van die Groot Vyf en is alombekend vir sy groot getalle bastergems­bokke en swartwitpe­nse.

DAG 8:

Ons pak kamp op en kies koers via die Zambesi-strook (Caprivi) na ons volgende kamp, op die oewer van die magtige Chobe-rivier net buite Kasane in Botswana. Hier sal ons die laaste drie nagte van ons avontuur bly.

DAG 9:

Ons besoek die indrukwekk­ende Victoria-waterval. Dan kan jy in die dorpie Victoria Falls inkopies doen, of jy kan een van verskeie avontuurak­tiwiteite aandurf, van rekspring tot helikopter­vlugte (Dis nie by die toerprys ingesluit nie.)

DAG 10:

Ons doen ’n wildkykrit op ’n oop safarivoer­tuig deur die Chobe Nasionale Park, en ’n sonsonderg­angvaart op die Chobe-rivier. Dis ons laaste aand om die kampvuur waar ons vir oulaas die kameraderi­e en vriendskap kan geniet wat deur ons Afrika-bosavontuu­r gesmee is.

DAG 11:

Ons groet en vertrek na ons verskillen­de tuistes, maar net tot die volgende avontuur saam...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa