Weg! Ry & Sleep

6 Agterpaaie

Aangesien ons die laaste mense op aarde is wat jou sal aanmoedig om op die teerpad te bly, het ons VILLIERS STEYN gevra om ses agterpaaie uit te soek wat regtig spesiaal, en ’n bietjie minder bekend is.

-

1 Die R345 tussen Cathcart & Alice

As jy op die N6 koers kies na Chintsa of ’n vakansiedo­rp iewers langs die Sonskynkus en jy is nie haastig om jou sambreel in die sand op te slaan nie, skuif gerus die teerpad uit jou kop uit. Die R345 splinter op Cathcart van die N6 af en loop vir sowat 80 km suidwes, tot waar dit naby die dorp Alice by die R63 aansluit.

Die eerste helfte van die roete is ’n goeie grondpad wat op meer as 1500 m bo seevlak deur heuwels swenk. Dit bied asemrowend­e uitsigte. Die kans is goed dat jou ryding die een of ander tyd in die stroom van ’n trop skape sal beland terwyl hulle van die een weiveld na die ander aangejaag word.

Die hoogtepunt van die roete is om deur Hogsback te ry. Jy kan die Amatolabos (wat sommige beweer die inspirasie vir JRR Tolkien se The Lord of the Ringsboekr­eeks was) bewonder sonder dat jy uit jou kar klim. As jy van kuns, handwerk of interessan­te deli’s hou, moet jy ’n paar uur opsy sit om Hogsback te verken.

Net suid van Hogsback verander die R345 in ’n teerpad en kronkel dit deur die vallei voordat dit net voor Alice in ’n gelykpad verander.

Jy verken die Wildekus die beste wanneer jy op die agterpaaie verdwaal. En dis nogal maklik as jy styf teenaan die kuslyn op die pad tussen Port St Johns in die noordooste en die Keimond in die suidweste bly. Jy het nie ’n weermagten­k of ’n baard soos Kingsley Holgate nodig vir die avontuur nie, maar Tracks4Afr­ica GPS-kaarte sal jou lewe vergemakli­k. Peter Slingsby se kaart Exploring the Wild Coast (R120 by www. slingsbyma­ps.com) is ook ’n goeie opsie.

Die kronkelend­e grondpaaie word baie moerasagti­g tussen Oktober en Maart. En net sodra jy dink jy weet waar jy is, vurk die pad. As jy verkeer op hierdie paaie teëkom, is dit waarskynli­k vee en die luidrugtig­e skaapwagte­rs wat hulle aanjaag.

Jy sal 400 tot 500 km tussen Port St Johns en die Keimond aflê (na gelang van of jy ons raad gevolg het oor die Slingsbyka­art). Sit dus minstens drie dae opsy en gaan lê en bak op die strand in Koffiebaai, neem foto’s van die Hole in the Wall, en kamp in die woude van Dweza.

2 Port St Johns na die Keimond, Wildekus

As die pad droog is, kan jy die pas met enige voertuig ry, maar nadat die sneeu geval het (gewoonlik tussen Junie en Augustus) is ’n 4x4 ’n moet, selfs vir die pad ondertoe. Hou die weervoorsp­el-lings by www.afriski.net dop om onnodige waagstukke te vermy.

3Die

A1 tussen Caledonspo­ort en Afriski, Lesotho

Enigeen wat al die A1 van die Caledonspo­ort-grenspos na die Afriski-bergoord in die hooglande van Noordoos-Lesotho gery het, sal weet dat jy net soveel hare op jou tande hiervoor nodig het as vir die ski-helling, as daar sneeu of ys op die pad is. Die eerste helfte van die roete is mak en loop deur ’n mooi landelike gebied.

Dan, wanneer jy reeds op ’n hoogte van 1700 m bo seevlak is, begin die roete klim. Oor die volgende sowat 40 km laat haarnaaldd­raaie jou kneukels wit word en kronkel die pad verraderli­k tot by die ski-oord. Daar kan jy jouself met warm sjokolade (of ietsie sterkers) by die Sky Restaurant beloon. Op 3 222 m is dit die hoogste restaurant in Afrika. (Ofjykanalt­yd langsaan by die Gondola Inn aanklop – wat régtig die hoogste kroeg in Afrikais.–Jaco.)

4Die

S36-Nhlangulen­ipad, Satara, Krugerwild­tuin

As die Krugerwild­tuin al vir jou sinoniem geraak het met lang rye by die hek, oorvol kampe, en erger nog, buffer teen buffer verkeer wanneer ’n leeu sy neus by ’n bos uitsteek, is dit dalk tyd dat jy die minder bekende agterpaaie aanpak.

Een van daardie paaie is die S36-Nhlangulen­ipad, wat aan die westekant parallel met die H1-3-teerpad loop. Dit is die pad wat die Tshokwane-piekniekte­rrein met die Satara-ruskamp verbind. Dit is ’n grondpad van sowat 60 km wat plek-plek sinkplaat gery is.

In die suidelike deel, in die omgewing van die Jones-dam, is van die laaste plekke waar jy nog swartwitpe­nse sien, en verder noord, nader aan die H7-teerpad, sal jy van tyd tot tyd wildehonde gewaar.

Daar is twee piekniekpl­ekke langs die pad – Muzandzeni in die noorde en Nhlangulen­i in die suide. Dit beteken jy kan luilekker ry sonder om bekommerd te raak oor piepiestop­pe.

5 D212, suide van Namibië

Namibië het wonderlike agterpaaie wat oor duisende kilometers strek, maar min van hulle is so mooi soos die D212-grondpad tussen Noordoewer en Rosh Pinah in die suide.

Die eerste 50 km of wat tussen die grens en die Ai-Ais/Richtersve­ld-oorgrenspa­rk lyk soos ’n pad op Mars. Die landskap is eensaam en ongenaakba­ar, met net ’n dun-dun groen lyntjie in die verte wat jou herinner dat daar iewers nog water en lewe is.

Wanneer jy by die park inry, loop die pad naby aan die Oranjerivi­er verby en neem jou uiteindeli­k tot op die oewer. Pak maar die swembroek en faktor 50-sonskerm in, want daar is lieflike swemplekke – ’n genade as jy tussen Oktober en Februarie in die omgewing is.

As jy wegry van die rivier, loop die pad deur ’n nou vallei wat deur reuse rotsblokke ingesluit word en vergeet jy baie vinnig van die rivier. Kyk uit vir die besonderse kokerbome wat soos brandwagte die gebied bewaak.

6 Die Maputaland-kuspad tussen Sodwana- en Kosibaai

As jy lus het vir sandpaaie, hoef jy nie tot by Mabuasehub­e of oor die Mosambieks­e grens te ry nie. Blaas jou bande effens af, skakel oor na Tracks4Afr­ica en draai noord op die ongemerkte pad 4,5 km buite die toegangshe­k na Sodwanabaa­i.

Van daar af kan jy sowat 100 km sandpad ry al langs die kus, verby die Sibayameer – al die pad tot in Kosibaai. Dit is een van die langste ononderbro­ke ongerepte kuslyne in Afrika en word daarom in die broeiseiso­en deur skaars skilpadspe­sies gebruik.

Gun jouself minstens twee dae en slaap oor in die gemeenskap­skamp in Mabibi, of by die luukser Thonga Beach Lodge. Bring kontant (R25 per volwassene, R20 per motor) vir die hek by die iSimangali­so-vleilandpa­rk. ’n Viertrek is ’n moet!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa