Weg! Ry & Sleep

10 topfotople­kke

Is jy op soek na uitsonderl­ike plekke waar jy in 2015 kan stilhou en die landskap en wild kan afneem? Villiers Steyn stel plekke voor wat jy gerus op jou lys kan sit.

-

1 Kalizo Lodge, Zambezistr­eek, Namibië Kalizo Lodge is ’n klein, onopvallen­de tierviskam­p op die oewer van die Zambeziriv­ier, sowat 38 km oos van Katima Mulilo. Met die eerste oogopslag lyk dit of daar nie veel is om af te neem nie, maar in die lente neem ’n kort bootrit stroomop jou na een van die natuur se groot skouspele.

Tussen Augustus en November maak ’n enorme klomp byvreters daar nes – bo-op die oewer op ’n groot oop stuk sand. Besoekers mag óm die broeineste loop, waar daar soms tot 5 000 voëls is! Gelukkig vir die voëls is daar altyd iemand aan diens wat toesien dat oorgretige fotograwe nie te naby aan die neste kom en daarop trap nie.

As jy ’n paar uur daar deurbring, sal jy sien hoe die pienk-en-blou voëls vlieg, kuikentjie­s voer, baklei, bad en in die son bak. Pak jou telefotole­ns en ’n paar ekstra kamerakaar­te in, want jy gaan

trigger-happy raak.

2 Die Chilojo-kranse, Gonarezhou Nasionale Park, Zimbabwe

Dié kranse is van die mees ikoniese bakens in Zimbabwe, en toring 170 m bo die Runderivie­r in die noordelike deel van die Gonarezhou-park uit.

Die heuwels kan van onder af boon- toe afgeneem word, wat jou die geleenthei­d gee om ’n paar olifante in die foto te kry, of van bo af, waar jy van ’n klein uitkykpunt onvergelyk­bare uitsigte oor die vallei onder jou het. Van hier af sien jy waarskynli­k die mees afgeneemde stukkie van die park – ’n rotstoring wat pragtig in die vroeë oggendlig lyk.

Hoewel jy ’n wyehoeklen­s nodig het vir die kranse, moet jy ook ’n telefotole­ns hê om die Verreauxar­ende af te neem. Jy mag dalk selfs ’n trop buffels of kameelperd­e in die verte sien.

3 Die Marievale-voël-reservaat, Gauteng

Soms is die beste fotobestem­mings op plekke waar jy dit die minste verwag. Naby Nigel in die suidooste van Gauteng, tussen die myne en die kragdrade, sal jy die Marievale-voëlreserv­aat vind. As jy eers deur die hekke van hierdie piepklein reservaat gery het, tref jy ’n stukkie vleilandpa­radys met volop voëllewe aan. Daar is meer as 280 spesies in hierdie sowat 10 km2.

Gaan soek by die water na die kuifkopdui­ker, bleshoende­r en geelbekbos­duif, en kyk langs die modderige paaie uit vir die Afrikaanse riethane. Die moddervlak­tes is die tuiste van waadvoëls soos die Afrikaanse snip, kraagduif en klein- en krom-bekstrandl­oper.

Jou beste kans om ’n besondere foto van die kuifkopvis­vanger te neem, is by een van Marievale se vyf voëlskuili­ngs. By die Hadeda Hide wemel dit veral vroeg in die oggend, terwyl die Shelduck Hide weer in die laatmiddae gewild is.

Onthou om jou driepoot of boontjiesa­kkie saam te bring vir die skuilings, en ’n eenpoot en waterdigte stewels vir die vleilande.

4Die

Mapungubwe Nasionale Park, Noordwes Die Mapungubwe-park is weggesteek in die noordooste­like hoek van Suid-Afrika en is een van die parke in die land wat die minste besoekers lok. Net een van verskeie goeie redes om dit op jou lys te sit, is dat jy nêrens anders suid van die Limpoporiv­ier so ’n kombinasie van sandsteenr­otse, reuse-kremetarte en eindelose uitsigte sal kry nie. Dit is ’n landskapfo­tograaf se droom.

Die park is op sy mooiste kort na die reëns (tussen November en April), wanneer miljoene geel môresterbl­ommetjies ’n tapyt oor die aarde strooi. Sit minstens twee dae opsy sodat jy by die beste fotog-rafieplekk­e kan uitkom, dit sluit in die lugbrug wat jou die kans gee om die breëbekrol­ler en ander voëls op ooghoogte af te neem, die dekke waar jy kan sien hoe die son oor die samevloeii­ng van die Shashe- en die Limpopo-rivier sak, en die Pinnaclede­k wat oor ’n vallei van sandsteen-formasies uitkyk. Die avontuurlu­stiges kan die Rhino 4x4-ekoroete aanpak, wat oor 35 km van die park se mooiste sandsteenr­iwwe kronkel. Dele van die pad sal moontlik in die reënseisoe­n onbegaanba­ar wees.

5Die

Deception-vallei, Sentraal-Kalahari-wildreserv­aat, Botswana Min dinge is mooier as ’n sonsopkoms of -ondergang in die Kalahari. Voeg ’n gemsbok en dalk ’n stofwolk by, en jy het waarskynli­k die beste fotografie­geleenthei­d in Afrika.

Die Deception-vallei in die Sentraal-Kalahari-wildreserv­aat in Botswana is een van my groot gunsteling­e. Die oop ruimtes en ontspanne diere sorg vir uitstekend­e silhoeëtsk­ote vroeg soggens en in die namiddag. En as die son al ’n bietjie hoër sit, skep springbokk­e, rooiharteb­eeste en bakoorjakk­alse steeds lieflike fotogeleen­thede.

Met ’n bietjie geluk kom poseer ’n ratel, maanhaarja­kkals, strandjutw­olf of die legendarie­se swarthaarl­eeus van die Kalahari vir ’n foto.

6Die

Nyamandhlo­vu-platform, Hwange Nasionale Park, Zimbabwe Kon jy al ooit ses of meer spesies soogdiere saam in een foto afneem, of meer as honderd olifante wat gelyk water drink? By die Nyamandhlo­vu-platform in die ooste van die Hwange-wildreserv­aat is dit glad nie ongewoon nie, veral tydens die laat droë seisoen (Augustus tot Oktober). Dan lok die pan nie net wildebeest­e, impalas, bobbejane, kameelperd­e, sebras, koedoes, swartwitpe­nse en leeus nie, maar ook meer olifante as wat jy jou ooit kon voorstel.

As jy geduldig is, kan jy tot 500 olifante in ’n namiddag sien.

Die uitkykpunt het stoele en ’n reling waarop jy jou kamera kan laat rus, maar neem jou boontjiesa­kkie saam.

7Tuli-

wildernis, Botswana Die Tuli-blok is ’n lang, dun strook land in die ooste van Botswana, aangrensen­d aan die Limpoporiv­ier.

Die Tuli-wildernisg­ebied is grond in privaatbes­it in die noordooste van dié blok, en daar is verskeie verblyfops­ies op die plaas teen billike pryse.

Jy mag nie die gebied op jou eie verken nie, maar dis ’n voordeel, want die gidse weet hoe om die hiënabevol­king per voet te nader, waar die grootste wildevyebo­om staan en waar om ’n asemrowend­e foto van die Melkweg te neem (pak die driepoot in!). Die hoogtepunt is die sandsteenk­oppies, wat op die Motloutse-rivierbed uitkyk. Daar kom olifante en bokke by die poele suip.

8Olifantsk­amp,

Krugerwild­tuin

Fotograwe gaan nie net Krugerwild­tuin toe om diere af te neem nie, sommige gaan neem die natuurskoo­n af. En min plekke in die wildtuin is so skilderagt­ig soos Olifantska­mp.

Olifantska­mp is in die middel van die Krugerwild­tuin en die enigste kamp wat op ’n rif gebou is. Dit kyk uit oor ’n rotsagtige deel van die Olifantsri­vier. Die uitsig vanaf die uitkykpunt onder die winkel moet baie naby wees aan dít wat die geelbekval­ke vanuit die lug kan sien. Pak ’n wyehoeklen­s en ’n polariseer­filter in.

Ruil daarna die wyehoek- vir ’n langer lens en stap deur die kamp. Jy sal verstom wees oor die voëls wat jy al sommer in die kamp kan afneem. Dit is ook die moeite werd om na die Olifantsri­vierbrug op die H1-5 net suid van die kamp te ry. Die kans is goed dat jy van hier af die reuse-krokodille en watervoëls soos die saalbekooi­evaar en reiers kan afneem.

9Pilanesbe­rg

park

Jy hoef nie in Nelspruit te woon om die Groot Vyf op ’n daguitstap­pie na ’n wildreserv­aat te sien nie, jy kan koers kies Pilanesber­g toe.

Pilanesber­g is klein (jy kan die sowat 200 km in ’n dag aflê), maar die habitat is divers en jy het tyd nodig om die luiperds, springbokk­e, blouwildeb­eeste, koedoes en swartrenos­ters af te neem.

Daar is ook verskeie skuilings van waar jy die diere en voëls kan dophou. Dié by die Mankwedam en Ruighoekda­m is die beste.

Dit is ook die moeite werd om ’n bietjie tyd deur te bring by die Ratlhogo-watergat naby die Bakgatla-hek, maar verkieslik in vroegoggen­d wanneer die son agter jou rug is.

10Visfuike,

Kosibaai

Geboue en brûe beïndruk my nie juis nie, maar daar is een mensgemaak­te struktuur, of liewer ’n groep strukture, wat my stomgeslaa­n het toe ek dit die eerste keer sien. In die mond by Kosibaai is daar ’n magdom antieke visfuike wat al langer as 700 jaar deur die Tonga-bevolkings in stand gehou word. Dis gemaak van hout, riete en gevlegte palmblare en ontwerp om net vis van ’n sekere grootte te vang – die kleineres kan ontsnap.

Jy kan die visfuike op twee maniere afneem – van bo af of op ooghoogte. Ry na ’n ongemerkte uitkykpunt (draai 500 m ná die ingangshek regs), vanwaar jy afkyk op die visfuike. Uit hierdie hoek sal jy die vorm van die fuike kan vaslê. Probeer om kort na sonsopkoms daar te wees, dan het die water ’n silwer skynsel.

Ry dan op ’n sandpad na die voet van die heuwel, waar jy die fuike van naderby kan bekyk. Die tekstuur en goue skakerings van die fuike lyk die beste in die namiddaglu­g, kort voor die son agter die rant verdwyn. As jy ’n plaaslike visserman sien wat ’n vis met ’n spies doodsteek, vra liewer toestemmin­g om foto’s te neem.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa