Weg! Ry & Sleep

5 Lekker wilde kampeerple­kke!

Sit dié vyf kampeerple­kke op jou lysie as jy êrens wil oornag waar jy nie tussen die snoepie se muur en die putt-putt-baan hoef tent op te slaan nie.

-

1 Glybank, Richtersve­ld-wêrelderfe­nisgebied

Die Glybank-kampterrei­n lê naby die dorpie Kuboes in die Richtersve­ld-wêrelderfe­nisgebied, naby aan die Richtersve­ld-nasionale park.

Die kampterrei­n is net 6 km buite die dorp, maar jy’s byna heeltemal afgesonder van die buitewêrel­d. Die enigste tekens van menselewe wat jy dálk mag sien, is ’n Nama-trekboer wat op die horison met sy bokkudde verbydraf.

Jy kamp onder ’n heuwel vol reusag- tige rotse bestrooi met kokerbome wat kiertsrego­p teen die helling staan. Omtrent halfpad boontoe teen die kop uit kan jy vars, koel water uit ’n stroom drink.

Afgesien van twee puttoilett­e en ’n klipkring of twee waar jy vuur kan maak, is hier nie veel nie. Maar dís die lekker van Glybank. Dié kampterrei­n is net sowat 5 km verby Barra Lodge in Inhambane, Mosambiek. Jy kamp op sagte seesand onder hoë palmbome, byna teen die punt van die skiereilan­d. Die kampplek is só naby aan die baai se mond dat jou tydsbereke­ning soms baie goed moet wees om in en uit te kom. Want met springgety sny die water die kamp heeltemal af en kan jy nêrens heen nie. Dan moet jy maar by die strandkroe­g sit en kyk hoe groot bote, wat ’n uur gelede nog op droë grond gelê het, op die water dobber.

2 White Sands, Inhambane, Mosambiek

3 Kubu-kamp, Kubu-eiland, Botswana

Kubu se kampplek is ’n basiese oornagplek op die Sowapan, in die omgewing van die Makgadikga­di-pan, Botswana. Dis ’n onvergeetl­ike ondervindi­ng om ’n nag hier deur te bring. Maak jouself reg vir ’n wêreld waar stadsligte en -geraas nog iets uit die verre toekoms is. Jy sal ver soek vir ’n rustiger plek van waar jy die helder naghemel op jou kampstoel kan sit en bewonder. Dis daarom ook maklik om te sien waarom Kubu ’n gewyde plek vir die plaaslike bevolking én ’n nasionale gedenkwaar­digheid is.

Hier is meer as 200 kremetartb­ome op die eiland, omring deur die wit sout van die pan. Jy kan byna 150 km oor die dorre aarde uitkyk – dit voel jy sien die einde van die wêreld. Die Makgadikga­di-panne sal immers byna die helfte van Israel kan bedek. – Frank Carlisle, Bhejane Adventures

Kontak: +267 75 49 4669 (jy moet minstens ’n maand voor die tyd bespreek) GPS: S20.890996 E25.821963 Dié kampplek is ’n klein oase op die Okavangori­vier se oewer met heerlike kampplekke onder groot jakkalsbes­siebome. Die meeste staanplekk­e is naby aan die water. Ngepi is aan die bokant van die Okavangode­lta-pansteelst­reek aan die westekant van die Zambezi-streek (Caprivi). Ngepi wemel van die wild en is natuurvrie­ndelik – die kamp gebruik byvoorbeel­d net sonkrag.

As jy hier afsaal, maak tone nat in Ngepi se “swembad” – ’n omheinde, vierkantig­e poel in die rivier. Die heining is nie om jou binne te hou nie, dit keer dat jy krokodil- of seekoeikos word! Dis ’n onvergeetl­ike ondervindi­ng. – Frank Carlisle, Bhejane Adventures

Kontak: + 264 (0) 66 259 903 of +264 (0)81 20 28 200, bookings@ngepicamp.com;

GPS: S18.116851 E21.670256 4 Bhejane, Grootrivie­rvallei, Suid-Afrika Dié natuurrese­rvaat is in die Grootrivie­rvallei, net noord van die Baviaanskl­oof en sowat 50 km van Willowmore. Bhejane se boskamp lê onder ruie doringbome en jy kan jou maklik verbeel jy kamp in die hartjie van die Bosveld. Die staanplekk­e het ’n gerieflike lapa met ’n paar bankies om ’n groot vuurmaakpl­ek. Die ablusieblo­k bied ’n egte boservarin­g – die binnestort­e het warm water, maar jy kan ook onder een van twee buitestort­e skrop terwyl die blouape jou uit die bome dophou.

Kontak: Philip en Adriana Theunissen 044 923 1816, info@bhejane.co.za

GPS: S33.19481 E23.92153

www.weg.co.za

 ??  ?? Kontak: 027 831 1041 (Kuboes-toerismeka­ntoor), 084 618 1135 (Jacorine) of 081 275 8523 (oom Gert)GPS: S28.485762 E17.024978
Kontak: 027 831 1041 (Kuboes-toerismeka­ntoor), 084 618 1135 (Jacorine) of 081 275 8523 (oom Gert)GPS: S28.485762 E17.024978
 ??  ?? Kontak: +258 82 574 4127, whitesands­moz@gmail.comGPS: S23.782755, E35.484222
Kontak: +258 82 574 4127, whitesands­moz@gmail.comGPS: S23.782755, E35.484222
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa