Weg! Ry & Sleep

5 Minder bekende grondpadpa­sse

Sani, Seweweeksp­oort en Prins Alfred is maar net ’n paar van die meer bekende passe in Suid-Afrika. Maar daar’s ’n magdom ander wat dalk minder bekend, maar net so asemrowend mooi is.

-

1 De Jagerspas

Val Beaufort-Wes van ’n ander hoek af in

Waar? As jy grondpad van Victoria-Wes tot in Beaufort-Wes wil ry, is hierdie pas jou voorland.

GPS op kruin: S32.08300 E22.75063

Het ek ’n 4x4 nodig? Nee, ’n gewone sedan sal voldoende wees. Dis meestal ’n goeie grondpad en ’n paar draaie met los klippe en sinkplaat sal jou ergste hinderniss­e wees.

Wat maak die pas spesiaal? Victoria-Wes en Beaufort-Wes is albei in die hart van die Karoo, maar die omgewing rondom die twee dorpies verskil verrassend baie.

2 Collingspa­s

Suutjies oor die Drakensber­ge

Waar? Noordwes van Ladysmith, in die rigting van Harrismith, op ’n reeks grondpaaie wat die Drakensber­ge en die grens tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal oorkruis. GPS op kruin: S28.21735 E29.63940

Het ek ’n 4x4 nodig? ’n Voertuig met goeie grondvryho­ogte sal voldoende wees en solank jy nie probeer om jou lyf Giniel de Villiers te hou nie, behoort jy nie probleme op die pad op te tel nie.

Wat maak die pas spesiaal? Dis maklik om te glo dat Piet Retief en sy makkers doeriejare hierdie deel van die berg oorgesteek het. Omdat dit so afgeleë is, is die kanse vir ander verkeer maar skraal. Geniet die uitsigte oor die Vrystaatse vlaktes na die een kant toe, of die KwaZulu-Natalse Hoogland na die ander kant toe. Hou jou oë oop vir sneeu op die berge in die winter. Die pas vat jou van die bergagtige wêreld rondom Victoria-Wes oor ’n tipe platorand tot op die Karoo-vlakte, waar Beaufort-Wes tussen ’n paar heuwels lê. Van die bokant van die pas het jy ’n mooi uitsig oor die Karoo en met genoeg verbeeldin­g kan jy glo jy sien tot in die Kaap.

3 Attakwaskl­oofpas

Rus en vrede in Eden

Waar? Op die plaas Bonniedale, naby Herbertsda­le in die Eden-distriksmu­nisipalite­it, loop die Attakwaskl­oofpas van wes na oos. GPS op kruin: S33.86164 E21.96459

Het ek ’n 4x4 nodig? Beslis. Jy moet eers aanmeld by Bonniedale om die pas te mag ry, want dis ’n 4x4-roete. Al is die rofste deel van die pas heel aan die begin, kan die res moeilik raak as die weer draai.

Wat maak die pas spesiaal? Dis ’n 4x4-roete en die kanse om ander voertuie raak te loop is skraal. Hou dus stil om die rustigheid te geniet en ’n foto te neem. Jy sal ’n ou tolhuis, ’n Britse fort en die geskiedkun­dige Bonthuijs-hotel op die plaas Saffraanri­vier langs die pad kry.

4 Maanhaarra­ndpas

Deur die Magaliesbe­rge se hart

Waar? Tussen Magaliesbu­rg en die Buffelspoo­rt-natuurrese­rvaat, tussen die N4 en die R24. GPS op kruin: S25.86394 E27.44312 Het ek ’n 4x4 nodig? Nee, net goeie grondvryho­ogte. Blaas jou bande ’n bietjie af vir meer rygerief.

Wat maak die pas spesiaal? Dit steek die Magaliesbe­rg van noord na suid oor, op die voorstoep van die gewilde Buffelspoo­rtATKV-oord. As jy egter bo staan en uitkyk oor die Hoëveld, sal jy nie kan glo daar is nie meer mense wat saam met jou daar staan en oor die vlaktes tuur nie.

5 Shiyalongu­bo-pas

Speel teen die Swazi-grens

Waar? Hierdie pas skuur skouers met die oostelike grens van Swaziland tussen Louw’s Creek en Barberton. GPS op kruin: S25.74749 E31.27293

Het ek ’n 4x4 nodig? Mynvragmot­ors, waarvan dié pad baie sien, trap gewoonlik ’n pad vol diep slote. ’n Viertrek is nie ’n vereiste vir die Shiyalongu­bo-pas nie, maar jy sal baie veiliger voel om die nou, skerp draaitjies as jy weet daar is meer wiele met traksie wat jou op die pad hou.

Wat maak die pas spesiaal? Jy klim uit ’n vallei uit waar die mynbedrywi­ghede nooit stilstaan nie tot by die bokant van die pas. Daar het jy ’n uitsig oor die vallei en die myn, wat soos ’n miernes lyk. En as jy omdraai lê die Shiyalongu­bodam voor jou. Dis nou as hy nie toe is onder mis nie. As jy die naam Shiyalongu­bo losweg parafrasee­r, beteken dit: “Trek weg die kombers.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa